Koeke en Terte - Susan Coetzer

Price: R210.00
Product Description

Elke vrou is uniek: ’n Koek of ’n tert, of iets tussenin. Koeke en terte gee jou skreeusnaakse wenke oor die verskille tussen mans en vroue en verskillende tipe vroue. Susan se gelykenisse van vroue met verskillende tipes gebak en kos, is geskik vir almal wat ’n goeie humorsin het – en veral vir hulself kan lag. Susan takel ernstige onderwerpe: Jy as vrou is goed genoeg, jy moet nie so hard op jouself wees nie en jy is genoeg vir God net soos jy is. Sy leer jou hoe om jouself te waardeer, jou eie gawes te ontwikkel en om jouself en ander se uniekheid te aanvaar.