My stryd met ADHD - Hykie Berg

Price: R220.00
Product Description

 “Waarskynlik die eerlikste en belangrikste boek wat nog ooit oor hierdie onderwerp geskryf is. Jy sal nooit ADHD werklik verstaan as jy nie hierdie boek gelees het nie.” ­ Dr Kobus Neethling Hykie Berg vertel in rou eerlikheid van sy stryd met ADHD. Van 'n weerlose seuntjie wat nie kon stilsit nie en die heeltyd gesag uitgedaag het en volgens sy graad 2­juffrou in die tronk sou opeindig tot 'n jong man wat in Weskoppies opgeneem word en alles verloor het. Hykie ondersoek die hele fenomeen van ADHD – hoeveel diagnoses daar gemaak word, hoe die medikasie ontstaan het, die samestelling en die newe­effekte daarvan. Hykie wys dat medikasie nie die enigste antwoord is nie, daar is ook ander dinge wat jy kan doen om die siekte te beheer. Hykie gee ook waardevolle raad aan Christene oor hoe om mense wat aan geestessiektes lei te ondersteun.