LISA KATZKE ALBUM LAUNCH

Tue. 17 Sep, 2019 at 7:30pm SAST
All Ages
Price: R160.00
All Ages
  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
Price: R160.00
All Ages
Event Description
LISA KATZKE ALBUM LAUNCH

Lisa Katzke op ‘n reis van liefde en genade


“Waar 'n EP eers 'n single was, is ons nou by 'n volledige Gospel Album wat op 17 September 2019
vrygestel gaan word. Alles van Hóm” – so sê ‘n opgewonde Lisa oor haar splinternuwe album. Dis ‘n
droom wat waar geword het, en ‘n verstommende getuienis wat daarmee saamgaan.
Soos wat sy tereg noem, het dit wel begin met haar enkelsnit VLERKE (2017), wat nog steeds elke dag lugtyd geniet op verskeie radiostasies regoor ons land. Mens wil saam sing en kan jouself eenvoudig nie keer om dit te doen nie. Lisa som die hart van die lied mooi op wanneer sy sê: “Sy genade is altyd genoeg en Sy liefde vir my het ek werklik ervaar die jaar.”


Lisa se tweede enkelsnit, DIT HANG AF VAN GENADE, is ook die voorloper is vir haar nuwe album. Uit die pen van Sven Blumer en onder produksie van Helmut Meijer van StoneBear & Mayor Records in Stellenbosch, is hierdie inspirerende, melodiese saamsing-liedjie ‘n fantastiese fusion van pop en folk musiek.
Na ‘n lang stilte in die musiekbedryf, is Lisa terug met ‘n boodskap en is sy reg om dit met die wêreld te deel: “Hy wys my daagliks so mooi die pad en lei my treëtjie vir treëtjie waar ek moet gaan. Ek probeer net daagliks in Sy ritme bly. Alles sover het gebeur en is gegee uit Sy hand”
Dis ‘n boodskap van genade – want alles hang daarvan af.

Comments
Select Tickets
Sorry, this event has already taken place.
Venue Details
Map of Venue Location.
Centurion Teater/Theatre 123 Amkor Road
Centurion, Gauteng 0157
Join the Conversation

Follow the event with #CenturionTheatre