Luna Paige | Sang en Musiek

Fri. 7 Aug, 2026 at 2:00pm SAST
Alle ouderdomme
91 days away
Alle ouderdomme
  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
91 days away
Alle ouderdomme
Event Description


Luna Paige: ’n Musikale reis van selfontdekking, stilte en verbondenheid


Met: Luna Paige


Luna Paige sing oor die “groot reis” en die immer ontwykende eindbestemming. Sy verken ruimtes waar beweging, stilte van gees, selfliefde en aanvaarding in harmonie saamvloei.


Sy stel gehore bekend aan die musiek wat sy tydens haar Suid-Afrikaanse en Europese reise geskryf het, onder meer langs die Spaanse Camino, en later tuis getoonset het.


As ’n anonieme waarnemer het sy soms in gesprek getree en saam gewonder oor die verskille, maar veral oor die ooreenkomste wat alle reisigers op hierdie wonderbaarlike planeet aan mekaar bind.


Hierdie is ’n intieme en besinnende vertoning wat luisteraars nooi om stil te word en saam te reis.


Ouderdomsbeperking: Alle ouderdomme





Kaartjienavrae:


Telefoon: 012 880 26 35


e-pos: [email protected]


www.kalfiefees-hermanus.co.za  


Werksure:


Maandag tot Vrydag: 9vm to 5 nm


Saterdae: 10vm to 2nm


Sondae: 10vm to 1nm


Publieke Vakansiedae: 10vm to 1nm

Reserve Tickets
Algemene toegangskaartjie R180.00
Venue Details
Map of Venue Location.
Grobbelaarsaal Marine Drive
Hermanus, Wes Kaap 7200
Join the Conversation

Follow the event with #kalfiefeeshermanuskunstefees