Magda en haar Erhard, how Louw can you go? | Drama | Komedie
- Get Tickets
- Details

Magda en haar Erhard, how Louw can you go?
’n komedie oor liefde, die middeljare en die dinge wat ons almal uiteindelik beleef
Met: Magda en Erhard Louw
Magda en Erhard Louw besluit om die pad te vat en die verhoog te betree, so naelkouend en mompelend soos net hulle kan.
Die tema van hulle teaterdebuut is die liefde, maar die liefde uit Magda en Erhard se perspektief is effens anders as die liefde waarvan ons in boeke lees of in films sien. In die teaterproduksie (of konsert soos Erhard dit noem) sien ons hoe Magda en Erhard hulle bes probeer, maar dit sukkel. Is hulle reg om op die feeste se verhoë te klim?
In ’n tipe “Noises Off!”-formaat neem Erhard en Magda ons deur die proses totdat hulle uiteindelik ook saam met die gehoor die waansinnigheid van die liefde en die lewe aanspreek. Hulle gesels oor vergifnis, hoe om in die eg verbind te bly sonder om gearresteer te word of daardie einste eg te verbreek. Hulle gesels oor leënessindroom, volpens-sindroom en al die ander sindrome wat mens moet aanvaar soos die middeljare jou tref.
Dis ’n komiese stuk, maar ook met ’n dieper boodskap, dat ons uiteindelik maar die pad met iemand wil stap, al irriteer hulle ons of dryf ons na drank. Daar sal ook interaksie met die gehoor wees.
Vereenselwiging is die kern van hierdie toneelstuk en nadat soveel mense al genoem het dat hulle met die twee karakters kan vereenselwig en sover gaan om te sê dat hulle eintlik “Magda en Erhard is”, is dit ’n wonderlike geleentheid om die wêrelde saam te bring in ’n teater of saal, waar almal saam kan lag, saam kan huil en saam kan gesels oor die dinge wat ons almal uiteindelik gaan beleef.
Oudword, of dit nou saam of alleen is, seerkry, of dit nou fisies of emosioneel is, en die wit lig wat ons almal elke dag, elke oomblik, ’n bietjie nader wink...
Top verkoper by die Vrystaat Kunstefees in 2025
Topverkoper by die Innibos Kunstefees in 2026
Aardklop Kunstefees 2025 – 4 benoemings
Ouderdomsbeperking: Alle ouderdomme
Kaartjienavrae:
Telefoon: 012 880 26 35
e-pos: [email protected]
Werksure:
Maandag tot Vrydag: 9vm to 5 nm
Saterdae: 10vm to 2nm
Sondae: 10vm to 1nm
Publieke Vakansiedae: 10vm to 1nm
- Instagram: @kalfiefeeshermanuskunstefees
Follow the event with #kalfiefeeshermanuskunstefees
