Magda Louw | Komedie
- Get Tickets
- Details
MAGDA LOUW MET Desiré Gardner
TEKS EN VERVAARDIGER: Desiré Gardner
REGIE: Hannes van Wyk
PRODUKSIEBESTUURDER: Nelius Ferreira
Magda Louw bevind haar in haar herfsjare op nasionale televisie, en skielik is sy nie net meer die tannie in die straat nie, maar die tannie in mense se sitkamers, en nou ook die tannie op die verhoog.
Wat sal sy kwytraak as die mikrofoon in haar hand gedruk word?
Wat is haar siening oor gewig, sosiale media, die plooie oor haar décolleté, reis – en sommer rys ook?
Sal sy die paar kilo’s kan afskud voor haar optrede, en hoe de hel gaan sy al haar woorde onthou? Miskien is daar ’n bietjie “Magda Louw” in elkeen van ons.
Kom kuier saam met Desiré Gardner en besluit self of daar ’n Magda Louw in jou eie huis, skool, kerk of dorp is!
Lekker lag en ’n goeie dosis inspirasie word gewaarborg.
Tydsduur: 90 minute
Ouderdomsbeperking: Geen o.13
Feesnavrae: [email protected] +27 61 5209041
Kaartjienavrae:
Telefoon: 012 880 26 35
e-pos: [email protected]
Werksure:
Maandag tot Vrydag: 9vm to 5 nm
Saterdae: 10vm to 2nm
Sondae: 10vm to 1nm
Publieke Vakansiedae: 10vm to 1nm
- Instagram: @kalfiefeeshermanuskunstefees
Follow the event with #kalfiefeeshermanuskunstefees