Maroela Media en attooh! Buitebioskoop

Sat. 16 Sep, 2017 3:00pm - 11:45pm SAST
All Ages
R0.00 - R130.00
All Ages
  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
R0.00 - R130.00
All Ages
Event Description

Buitebioskoop 2017: Dis weer tyd vir fliek en piekniek!


Maroela Media en attooh! se Buitebioskoop


16 September 2017


Botaniese Tuin, Pretoria


Maroela Media en attooh! is uit ons vel van blydskap om jou te vertel dat jy hierdie jaar weer saam met ons die nostalgie van ʼn inryteater – met ʼn bietjie van ʼn kinkel – kan herleef. Kom sprei jou piekniekkombers uit, geniet goeie musiek en kyk drie Afrikaanse flieks saam met ons by die Buitebioskoop!


Die hekke open reeds om 15:00. Kom sommer vroegmiddag al en kry vir jou ʼn lekker plekkie vir jou kampstoel of piekniekkombers. Die immergewilde groep Kaleidoskoop sorg vir die musiek voor die fliek, terwyl die kinders in die speelarea pret kan hê.


Jou gasheer en gasvrou vir die aand is Pierre Breytenbach en Nadia Beukes. Ander bekendes uit die Afrikaanse rolprentbedryf gaan ook saam kom kuier. Daar word vanjaar ook weer ʼn spesiale Maroela-toekenning oorhandig aan ʼn persoon wat diep spore in die Afrikaanse rolprentbedryf getrap het.


As jy nie lus is om ʼn mandjie te pak nie, kan jy heerlike eet- en drinkgoed soos pannekoek, kerrie-en-rys, biltong en koffie en nog vele meer, by stalletjies op die terrein koop. Vanjaar maak ons seker daar is ʼn groot verskeidenheid kosstalletjies sodat jy en jou gesin heel aand kan knibbel. ʼn Wynlandgoed sal sorg vir ʼn glas wyn waaraan jy kan teug terwyl die son ondergaan. 


Die program


15:00 Hekke maak oop


16:00 Musiek deur Kaleidoskoop


18:00-23:59



  • Khumba (alle ouderdomme)

  • Nul is nie niks nie (ouertoesig vir kinders jonger as 9)

  • Die Rebellie van Lafras Verwey (ouertoesig vir kinders jonger as 12).


Kaartjies kos R130 per volwassene en R60 per kind onder 10 jaar. Kinders onder 3 fliek gratis.


Jou kaartjie sluit toegang tot die Botaniese Tuin, vermaak en die drie rolprente in. Daar is ʼn veilige, gratis speelarea vir die kinders tot voor die eerste fliekvertoning.


Vanjaar se Buitebioskoop word met trots moontlik gemaak deur attooh!.



Comments
Select Tickets
Sorry, this event has already taken place.
Venue Details
Map of Venue Location.
Die Botaniese Tuin Cussoniarylaan 2, Brummeria,
Pretoria, Gauteng, 0186
Join the Conversation

Follow the event with #buitebioskoop