MATHYS ROETS

Wed. 23 May, 2018 at 7:00pm SAST
All Ages
All Ages
  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
All Ages
Event Description

 


Mathys Roets 


Mathys Roets het sy musiekloopbaan in 1989 begin toe hy met sy kitaar in die hand, in 'n winkelsentrum in Pretoria, vir fooitjies gesing het. In 1996 maak hy 'n belangrike deurbraak met sy debuutproduksie op die KKNK. In hierdie vertoning, Nokturne, sing hy die musiek van Koos du Plessis. Die musiek van Koos du Plessis het Mathys, met sy donker fluweelstem, soos ’n handskoen gepas. Deur sy loopbaan het Mathys bekendheid verwerf vir sy sielvolle vertolkings van die wêreld se mooiste ballades, veral die musiek van Leonard Cohen, Roger Whittaker en Neil Diamond. Die pad wat hy gestap het, was nie maklik nie. Hy het harde bene gekou, self luidsprekers rondgedra en van restaurant na restaurant gegaan om daar te sing, maar toe hy uiteindelik raakgesien word, het dinge behoorlik vir hom vlam gevat.


Hy is 'n bekende Afrikaanse sanger. Hy tree ook saam met Kevin Leo en Danie Niehaus onder die verhoognaam Drie van die Bestes op.


Roets was op 6 April 2009 in 'n ernstige motorfietsongeluk betrokke op pad na die KKNK op Oudtshoorn. Hy het 'n rugbesering opgedoen wat hom permanent in die onderlyf verlam gelaat het.


Hy is ook mede-aanbieder van KykNET se leefstylprogram, Kamp dit uit, waar hy saam met Alexa Strachan toer. 'n Woonwa is spesiaal vir hom ingerig om rolstoel-toeganklik te wees.

Comments
Select Tickets
Sorry, this event has already taken place.
Venue Details
Map of Venue Location.
Centurion Teater/Theatre 123 Amkor Road
Centurion, Gauteng 0157
Join the Conversation

Follow the event with #CenturionTheatre