Dik Deurmekaar | Kletskomedie
- Get Tickets
- Details
MEL DIE STORIEVERTELLER – DIK DEURMEKAAR MET Mel die Storieverteller
TEKS EN VERVAARDIGER: Melanie du Toit
MUSIEK: Wesley West
Dik Deurmekaar laat die lyne tussen skerp skerts en ’n verhalende eenvrouvertoning vervaag.
Mel vertel van die eerste keer toe sy die gevoel van “deurmekaargeid” ervaar het in Juffrou Draak se klas; hoe sy vrede moes maak met die feit dat alles, veral matriekafskeide en haarstyle, ’n hengse deurmekaar spul is.
Mel gee ook haar opinie oor die onbegryplike obsessie met visvang en ander se seksuele oriëntasie, en deel snaakse waarnemings van “straight couples”, die landslied, slimfone en “fancy” karre.
Soms is die lekkerste deel van die vertoning om ’n bietjie gek te skeer met gehoorlede, en dan duik nuwe grappies so tussendeur die stories op.
Tydsduur: 70 minute
Ouderdomsbeperking: Geen o.14
Feesnavrae:
[email protected] | +27 61 5209041
Kaartjienavrae:
Telefoon: 012 880 26 35
e-pos: [email protected]
Werksure:
Maandag tot Vrydag: 9vm to 5nm
Saterdae: 10vm to 2nm
Sondae: 10vm to 1nm
Publieke Vakansiedae: 10vm to 1nm
- Instagram: @kalfiefeeshermanuskunstefees
Follow the event with #kalfiefeeshermanuskunstefees