Messy but Mighty
- Get Tickets
- Details
Kom kuier saam by die She-Women se “Messy but Mighty”-oggend — ’n onvergeetlike ervaring van geloof, inspirasie en ’n gevaarlike hoeveelheid koek.
Kragtige Gemeenskap:
Verbind met ander vroue wat saam met jou die laaste skof van die jaar aanpak. Deel jou ervarings, bou vriendskappe en ondersteun mekaar om sterker, hoopvol en bemagtig te wees.
Energieke Atmosfeer:
Geniet die vrolike atmosfeer wat jou sal inspireer om met ’n huppel in jou stap terug te keer na jou daaglikse lewe.
Soms voel jou lewe soos ’n gemors — jy jaag na wind, alles gebeur so vinnig en jy het nie tyd vir alles nie, wat nog te sê vir jouself? Maar dit neem nie jou krag weg nie. Hierdie oggend sal jou herinner dat jy, ten spyte van die chaos, steeds sterk, hoopvol en bemagtig kan wees.
Moet dit nie misloop nie — kom ervaar hoe “Messy but Mighty” jou sal transformeer en jou gees vervul! Jou reis na bemagtiging begin hier!
KOM IN KONTAK
012 880 2635 / [email protected]
WERKURE
Kaartjieverkope Ondersteuning:
Maandag - Vrydag: 9vm - 5nm
Saterdae: 10vm - 2nm
Sondae: 10vm - 1nm
Openbare Vakansiedae: 10vm - 1nm