Mirka @ B|Loved Small Theatre

Fri. 29 Aug, 2025 5:00pm - 9:00pm SAST
Geen persone onder die ouderdom van 18 jaar sal toegelaat word om aan die wynproe deel te neem nie.
15 days away
Geen persone onder die ouderdom van 18 jaar sal toegelaat word om aan die wynproe deel te neem nie.
  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
15 days away
Geen persone onder die ouderdom van 18 jaar sal toegelaat word om aan die wynproe deel te neem nie.
Event Description
Mirka @ B|Loved Small Theatre

Wynproe & Musiekvertoning deur MIRKA, nou in Suid-Afrika!


Kom geniet ‘n aand van uitsonderlike wyn en voortreflike musiek deur Mirka - al die pad van Nashville, Amerika. 


Kom skep herinneringe wat jy nog lank sal koester! Kom proe ‘n verskeidenheid uitsoekwyne, eksklusief vir hierdie geleentheid gekies.


Plek:  B|Loved Klein Teater, Shere, Pretoria-Oos


Datum:  Vrydag, 29 Augustus 2025


Tyd: 



  • Wynproe begin om 17:00, gevolg deur ‘n musiekvertoning deur Mirka, om 19:00 in die B|Loved Klein Teater.


Kaartjies:



  • R200 per persoon gee jou toegang tot BEIDE die wynproe, asook die musiekvertoning!


Kaas- en vleisborde:



  • R250 per bord (genoeg vir 2 persone)

  • Kaasborde moet vooraf bestel word op Tixsa.co.za


Belangrike Kennisgewing:



  • Kaas-en vleisborde moet vooraf bestel word – geen aankope op die dag nie.

  • Beperkte sitplekke! Bespreek NOU jou plek op Tixsa.co.za.


Meer oor Mirka


Na ’n stilte van 12 jaar maak die kunstenaar Mirka, tans gevestig in Nashville, ’n kragtige terugkeer met haar 8ste ateljee-album, Phoenix.


Hierdie meesterstuk, vervaardig deur Dennis Patton, is ’n musikale wedergeboorte – ’n dapper en hoopvolle reis van innerlike krag, groei en transformasie.


Met Phoenix skryf Mirka ’n nuwe hoofstuk in haar musikale verhaal.  Haar kenmerkende stem en diep liriese insig straal eerlikheid en artistieke volwassenheid uit.


Phoenix se uitstaan-enkelsnit, 'My South Africa', is ’n opregte liefdesbrief aan haar geboorteland.


In dié lied bring sy hulde aan die gees van Suid-Afrikaners en vier sy Suid-Afrika se volharding, versoening en die eenheid van die Reënboognasie.


Phoenix is nie net ’n album nie – dis ’n verklaring. Mirka styg, getrou aan die simboliek van haar titel, hoër as ooit!


Sluit aan by die B|Loved Klein Teater vir ‘n heerlike aand van wyn & musiek. Moenie hierdie spesiale geleentheid misloop nie! 


Kontantkroeg beskikbaar.




KOM IN KONTAK


012 880 2635 / [email protected]


WERKSURE


Kaartjieverkope Ondersteuning:


Maandag - Vrydag: 9vm - 5nm


Saterdae: 10vm - 2nm


Sondae: 10vm - 1nm


Openbare Vakansiedae: 10vm - 1nm

Comments
Reserve Tickets
Algemene Toegangskaartjie + More Details R200.00
Kaas-en -vleisbord vir 2 | ekstra| nie toegangskaartjie nie + More Details R250.00
Venue Details
Map of Venue Location.
B|Loved Klein Teater B4i Project 35A Catherine Street, Shere
Pretoria East, Gauteng 0083
Join the Conversation

Follow the event with #ontbytsake