Mnr. Seks en mev. Kopseer, met Timothy Kieswetter

Fri. 17 Oct, 2025 at 7:00pm SAST
Geen persone onder 18 jaar nie
Geen persone onder 18 jaar nie
  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
Geen persone onder 18 jaar nie
Event Description
Mnr. Seks en mev. Kopseer, met Timothy Kieswetter

Mnr. Seks en mev. Kopseer is 'n konsep so oud soos die berge. Ons weet mos nou al teen dié tyd dat die man altyd lus en die vrou altyd geblus is!

Dit is egter eers onlangs dat hulle uit die slaapkamer begin praat en dat ons agterkom dat dit eintlik nader aan ’n hele aantal skakerings van grys is.

In Timothy Kieswetter se nuutste opvoedkundige komedie onthul hy al die stereotipiese gedrag wat ons aan die manlike en vroulike geslag koppel. Moenie toelaat dat die samelewing jou in ’n stereotipiese boks plaas nie. Ons nooi jou uit om die alfaman, die koek, die tert, die seuntjieman en nog vele ander karakters te ontmoet en te sien hoe hulle onthul word.

Kom verryk jou huwelik met hierdie vermaaklike en skreeusnaakse eenmankomedie wat jy nie wil misloop nie.

Dit mag dalk net jou huwelik weer in die bui sit. 


*VIP-kaartjiekopers (R300-kaartjies) ontvang ’n Gesonde seks-geskenkbewys van R300 om die aand by Gesonde seks se promosietafel te mag bestee. 




 

Comments
Get Tickets
VisaMasterCardSID Instant EFT
Venue Details
Map of Venue Location.
AfriForum Teater Greenlyn Village-sentrum H.v. Thomas Edison en, 13th St, Menlo Park
Pretoria, Gauteng 0081