Moord met 'n T | Komedie | Debuutproduksie
- Get Tickets
- Details
MOORD MET ’N T MET: Ignatius van Heerden, André Lötter en Tobie Cronjé
TEKS: Braam van der Vyver
REGIE: Lihan Pretorius en Johan van der Merwe
VERVAARDIGER: Leftfoot Theatre Productions
Die popmooi winkelassistent Leksie Pieterse se stinkryk vroetelpappie, Bakkies Barnard, sterf in haar bed.
Terwyl Cruella, die jaloerse weduwee, net oor haar erfporsie begaan is, dui die feite op ’n liefdesdriehoek – altyd ’n resep vir moord.
Speurdersersant Wihan Beyleveld stel vas dat Bakkies vergiftig is, en by die lykshuis kry hy met die eienaardige opsigter Klaas van der Broeken te doen.
Nuwe vrae ontstaan: Is Bakkies wel dood? Indien nie, wie is die spook wat nes hy lyk, en wie se lyk is in die lykshuis?
Nog iets: Waar pas PJ die privaatspeurder in?
En hoe het die gif in Bakkies se lyf gekom?
Moenie dié skreeusnaakse speurdrama misloop nie.
Tydsduur: 70 minute
Geen ouderdomsbeperking
Feesnavrae: [email protected] +27 61 5209041
Kaartjienavrae:
Telefoon: 012 880 26 35
e-pos: [email protected]
Werksure:
Maandag tot Vrydag: 9vm to 5 nm
Saterdae: 10vm to 2nm
Sondae: 10vm to 1nm
Publieke Vakansiedae: 10vm to 1nm
- Instagram: @kalfiefeeshermanuskunstefees
Follow the event with #kalfiefeeshermanuskunstefees