Musicula 25 jaar – Mens, masjien, musiek
- Get Tickets
- Details

Wat maak ons mens? Is dit dat ons kan dink en kan gesels? Is dit dat ons kan innoveer, kan bou en kan groei? Of is dit dat ons kan voel, met ons vingers, en met ons harte?
’n Robot ontsnap uit ’n robotikaklas van ’n nabye hoërskool. Hy is op soek na vryheid. Na lewe. Hy het gedink dat hy vryheid sal ervaar sodra hy by die klaskamer uitgestap het, maar tog “voel” dit nie eg nie.
In ’n moderne wêreld waar tegnologie sy tentakels, mikro-komponente en nulle/ene in elke deel van die mensdom inwerk, is die robot besorg dat mense dít wat hulle mens maak, gaan verloor. Dat mense van ’n een, na ’n nul, na ’n geen gaan verander.
Is daar moontlik ’n kode, ’n wagwoord, of dalk ’n tipe sleutel, wat die ryke wêreld van menswees vir die robot kan ontsluit? Dan kan hy die mensdom waarsku, sodat hulle nooit dít verloor wat hulle mens maak nie.
Die maatjies van Musicula het ’n spesiale boek, en weet van die sleutel wat ons mens maak. Dié boek bevat verskeie waarhede en elemente van musiek wat integraal deel is van menswees, en op die ou end, ook van vryheid. En lewe.
Musicula vier hierdie jaar ons 25ste bestaansjaar! En vir 25 jaar lank leer ons reeds vir ons jong musikante die geheim van die sleutel ... die musieksleutel.
Mens > Masjien - Musiek!