My Boetie se Sussie se Ou

Multiple Dates & Times
Alle ouderdomme
Alle ouderdomme
  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
Alle ouderdomme
Event Description
My Boetie se Sussie se Ou

Deur Ray Cooney
Vertaling: Pierre van Pletzen
Regisseur en vervaardiger: Frans Swart
Met Phillru van Achterbergh, Botha Enslin, Marissa Claasen, Danielle Britz, Stefan Lotter, Nikita Meyer en Nico Loubser as Dêda


As jy dink jóú lewe is ingewikkeld, plaas jouself vir ’n oomblik in die twee skoene van John Smith, daardie taxibestuurder van My vrou se man se vrou met twee vrouens, en nou ook twee gesinne! Dis reg: In My boetie se bussie se ou is dit agtien jaar later en John hou steeds twee families in verskillende dele van Londen aan, al twee dolgelukkig en salig onbewus van mekaar. Maar dan ontmoet sy twee tieners – ’n dogter van die een gesin en ’n seun van die ander – mekaar op sosiale media en besluit angstig om mekaar in persoon te ontmoet. John se reeds gejaagde lewe versnel tot in hoogste rat en moet hy spook om hulle uitmekaar te hou. My boetie se sussie se ou is die Afrikaanse verwerking van Ray Cooney se Caught in the net, met regie deur Suid-Afrika se eie klugkoning, Frans Swart.


In My boetie se sussie se ou ontmoet ons weer vir John Smith (Phillru van Achterbergh), die Londense taxibestuurder wat saam met sy vrou, Mary (Marissa Claasen), in Highgate woon ... en ook sy ander vrou, Barbara (Danielle Britz), in Finchley – net vier minute uitmekaar. Vicky (Nikita Meyer), John en Mary se dogter, en Gavin (Stefan Lotter), John en Barbara Smith se seun, ontmoet mekaar in ’n internetkletskamer en is angstig om in persoon te ontmoet. Hoekom nie? Hulle het dan soveel in gemeen, insluitend ’n taxibestuurderpa genaamd John Leonard Smith … wat natuurlik dieselfde persoon is. Wanneer John van hierdie jong internetromanse te hore kom, moet hy behoorlik bontstaan om sy kinders uitmekaar te hou en sy dubbele lewe weg te steek vir sowel sy kinders as sy twee vroue! John klop natuurlik by sy vriend Stanley Gardener (Botha Enslin) aan om hulp, wat skreeusnaakse leuens, verwarrende identiteite en geheimsinnige foonoproepe tot gevolg het. En wanneer Stanley se seniele pa, Dêda (Nico Loubser), vir ’n vakansie opdaag, is die gort behoorlik gaar. 


Comments
Reserve Tickets
Please select an available date & time:

Venue Details
Map of Venue Location.
AfriForum Teater Greenlyn Village-sentrum H.v. Thomas Edison en, 13th St, Menlo Park
Pretoria, Gauteng 0081