My Boetie se Sussie se Ou
- Kry kaartjies
- Besonderhede

As jy dink jou lewe is ingewikkeld, plaas jouself vir ‘n oomblik in John Smith se skoene, daardie taxi-bestuurder van My Vrou se Man se Vrou met twee vrouens, en nou ook twee gesinne! Dis reg, in My Boetie se Sussie se Ou lei John steeds ’n perfekte dubbellewe. Sy twee gesinne woon in verskillende dele van Londen, is dolgelukkig en, gelukkig vir John, salig onbewus van mekaar! Dis nou totdat Vicky, sy dogter by Mary, en Gavin, sy seun by Barbara, mekaar op die internet ontmoet. Hulle ontdek gou dat hulle heelwat in gemeen het – selfs ’n pa met presies dieselfde naam: John Leonard Smith. En nou wil hulle mekaar persoonlik ontmoet.
Vir John is dit die begin van ’n nagmerrie. Hy moet alles in sy vermoë doen om die twee jongmense uitmekaar te hou voordat hulle die waarheid ontdek – en terselfdertyd seker maak dat nóg sy twee vrouens nóg sy kinders sy jarelange geheim uitvind!
Een pa. Twee vrouens. Twee gesinne. Twee tieners. En ’n geheim wat eenvoudig net nie meer geheim wil bly nie.
Deur Ray Cooney
Vertaling Pierre van Pletzen
Regisseur en Vervaardiger Frans Swart
Met Phillru van Achterbergh en Botha Enslin, asook Marissa Claasen, Danielle Britz, Stefan Lötter, Nikita Meyer en Nico Loubser as Dêda
