n Skatkis uit ons musiekverlede | Sang en Musiek
- Get Tickets
- Details

’n Skatkis uit ons musiekverlede: ’n Nostalgiese musiekreis deur die klanke wat generasies gevorm het
Met: Stephanie Baartman en Bryan Schimmel (klavier)
Deur: Stephanie Baartman en Bryan Schimmel
Regie: Frans Swart
’n Skatkis uit ons musiekverlede is ’n ontroerende en nostalgiese musiekreis waarin Stephanie Baartman haar stem en storie verbind met die klanke wat generasies Suid-Afrikaners gevorm het.
Met Bryan Schimmel as pianis en musiekregisseur word hierdie produksie ’n intieme maar kragtige huldeblyk aan die liedjies – en veral die vroue – wat ons musieklandskap help vorm het.
Deur ikoniese liedjies en ligte humor word ’n musikale skatkis oopgemaak, van Miriam Makeba se wêreldklanke tot Afrikaanse gunstelinge van Laurika Rauch en Sonja Herholdt. Die produksie vier die ryk en veelstemmige erfenis van Suid-Afrikaanse musiek – ’n skatkis nie van goud nie, maar van stories, emosie en onvergeetlike melodieë.
Ouderdomsbeperking: Alle ouderdomme
Kaartjienavrae:
Telefoon: 012 880 26 35
e-pos: [email protected]
Werksure:
Maandag tot Vrydag: 9vm to 5 nm
Saterdae: 10vm to 2nm
Sondae: 10vm to 1nm
Publieke Vakansiedae: 10vm to 1nm
- Instagram: @kalfiefeeshermanuskunstefees
Follow the event with #kalfiefeeshermanuskunstefees
