X3DE Jeug bied aan: NextGen Kids
- Get Tickets
- Details

Kom wees deel van NextGen Kids op 8 Oktober 2025 by AfriForum Teater, Pretoria. Die program begin 09:00 en duur tot 12:00 – drie ure propvol aksie, musiek en pret!
Hierdie geleentheid is spesiaal vir laerskoolkinders en hul ouers. *Kinders bo die ouderdom van nege jaar kan alleen by die geleentheid gelos word. Enige kinders onder nege moet asseblief onder ouertoesig wees.
Wat wag op jou?
Regstreekse optredes deur Arnold de Wet en sy lieflike vrou, Elschen de Wet
Pret en energie wat kinders en ouers saam kan geniet
Happies en drankies beskikbaar by die restaurant op die terrein
Eksklusiewe NextGen-handelsware vir die kinders (en ouers!)
’n Spasie waar kinders kan lag, leer en deel wees van iets groter
NextGen Kids is die plek waar herinneringe gemaak word – ’n geleentheid vir kinders en ouers om mekaar beter te leer ken, dit te geniet en voluit te leef!
Kaartjies is beperk – bespreek joune vandag.