Nimmerfees aangebied deur die Aardskinders & Joshua na die Reën | 19 April 2026
- Get Tickets
- Details
Nimmerfees
ek vermoed dit al vir jare,
soos ek my oor teen die aarde laat rus,
die dreuning,
iets wat aankom
iets wat weer kleef soos stof onder ons voete
daai gevoel wat ons as kinders gehad het
daai gevoel wat sê “ek leef”
ek het ure gestaan
op ‘n grondpad,
so 5km se draf van ons huis af
ek was ‘n tiener
my oë asof die see daarin woed
ek staar na die Weste
daar waar die son sak
dit bewe binne my
, ek kan voel hoe die einde voel
dit voel dan soos die begin
en als tussenin
na ‘n goeie draf
en gesprekke met God
op ‘n ou hout stoel
voor my R2000 klavier
(wat ek as jong seun in ons kerk wou speel
maar die mense wou eerder die orrel hê, toe eindig hy in my kamer op)
het als begin
die gedigte
die songs
sodat ek kon asemhaal
sodat ek kon leef
ek is Jacques de Villiers
“Joshua na die Reën” is ‘n naam vir dit wat uit my gekom het
Joshua - dit wat mure afbreek
soos om dood te gaan
na die Reën
om weer te groei
soos die veld op ons plaas na die winter
ek het nooit gedink dit wat ek skryf sou julle ore bereik nie
dat julle by shows my woorde sou saamsing nie
nou is dit óns woorde
nie meer myne nie
nou jare later
droom ek weer
die keer oor iets vaagweg bekend
opgesluit in die kind wat nog in ons leef
die een vir wie die Koningkryk is
Seuns van Vlug
soos om te vlieg
ons almal
vanuit die Een wat ons geskep het
19 April 2026, stel ek en die band die nuwe dimensie van Joshua na die Reën by KleinKaap Boutique Hotel in Pretoria vry, en op dieselfde dag stig ons in samewerking met Die Aardskinders, die heel eerste Nimmerfees. En ons gaan dit elke jaar van hier af doen.
Imagine ‘n dag met bands wat almal musiek maak met die intensie om te gee. ‘n Bier in die lug en goeie wyn in jou glas. ‘n Feesmaal in die skemerson. Iets nuuts, iets lig.
Laat die dag jou betower. In die bewustheid van die oomblik. Omring deur bome op die rug van musiek soos branders, in die kuns van saamwees op die reis van menswees.
Die Nimmerfees, aangebied deur die Aardskinders
12:00 - hekke maak oop
13:00 - Luzelle
14:30 - Van Der Aven
16:00 - Pleinair
17:00 - JNDR ft. Seuns van Vlug
✨19 April 2025
✨ Kleinkaap Boutique Hotel - Garden Venue
✨ Hekke maak oop 11h30, Festival begin 12h00, Festival eindig 18h30
✨ Kaartjies:
- Early Bird Kaartjies - R200 per persoon (Geldig tot 31 Desember 2025)
- Volwassenes - R350 per volwassene
- Studente (12 -21jr) - R250 per student
- Kinders (Onder 12jr) - R100 per kind
- Familie Pakket (5 persone) - R1250
- Familie Pakket (4 persone) - R1000
✨ Kos- & Drank Stalletjies beskikbaar by die fees. Neem asb kennis dat geen eie drink of eetgoed toegelaat sal word tydens die fees.
Die fees vind buite plaas; egter kan die geleentheid binnenshuis geskuif word indien daar onvoorsiene weerstoestande of reën vir die duur van die geleentheid voorspel word.
Neem asseblief kennis dat Kleinkaap se geleentheidskaartjies SLEGS via ons amptelike webtuiste onder die “experience" knoppie op (www.kleinkaap.co.za) of deur die amptelike tixsa.co.za verkoop word. Kontak ons vir meer inligting by 012 654 9878 of [email protected]. Let asseblief op: hierdie is ’n nie-terugbetaalbare geleentheid.
- Twitter: @kleinkaaphotel
- Instagram: @kleinkaaphotel
Follow the event with #kleinkaap