O meno o pouse | Kabaret

Fri. 7 Aug, 2026 12:00pm - 1:20pm SAST
Geen onder 13
90 days away
Geen onder 13
  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
90 days away
Geen onder 13
Event Description


O meno o pouse: ’n Kabaret vol humor, hartseer en hoop


Met: Arina de Witt


Teks en lirieke: P.G du Plessis
Toonsettings: Arina de Witt
Regie: Ignatius van Heerden en Johan van der Merwe


O meno o pouse is 30 jaar gelede deur P.G du Plessis spesiaal vir Arina de Witt geskryf. Omdat sy destyds gevoel het sy is nog te jonk, is die stuk nooit opgevoer nie – tot nou.


Hierdie intieme en roerende kabaret vertel die verhaal van Bets: afgetree, alleen en vasgevang in die stiltes van wat kon gewees het. Sy het gewag – vir liefde, vir die regte tyd, vir die vraag – en haar drome eenkant gesit saam met ’n trourok en ongestuurde briewe.


Nou, jare later, kies sy om alles weer op te neem. Dis ’n verhaal van verlies, hoop en nuwe beginne, en die besef dat mens soms eers ná die “menopouse” werklik begin leef – al is dit net vir ’n oomblik.


Tydsduur: 80 minute
Ouderdomsbeperking: Geen kinders onder 13





Kaartjienavrae:


Telefoon: 012 880 26 35


e-pos: [email protected]


www.kalfiefees-hermanus.co.za  


Werksure:


Maandag tot Vrydag: 9vm to 5 nm


Saterdae: 10vm to 2nm


Sondae: 10vm to 1nm


Publieke Vakansiedae: 10vm to 1nm

Get Tickets
VisaMasterCardSID Instant EFT
Venue Details
Map of Venue Location.
Hermanus Munisipale Ouditorium 1 Harmony Rylaan
Hermanus, Western Cape 7200
Join the Conversation

Follow the event with #kalfiefeeshermanuskunstefees