Ommitafel met Steffie le Roux en Mariette Galjaard
So. 23 Aug, 2026 om 3:00nm SAST
Geen kinders onder die ouderdom van 13 jaar
Geen kinders onder die ouderdom van 13 jaar
- Kry kaartjies
- Besonderhede
Event Stats
Geen kinders onder die ouderdom van 13 jaar
Event Description

Ommitafel is ’n intieme reis waar stories opgevou word soos ’n ou tafeldoek vol onthou. ’n Tafel is die hart van ’n huis – die plek waar brood gebreek word, harte weer heg en stiltes soos stoom oor die disse hang. Ouers wat oud word, kinders wat wegdryf, liefde wat verander en die ongelooflike manier waarop ’n tafel steeds plek hou vir almal wat eens daar gesit het.
Kom sit ommitafel, hier waar stories nog warm is, herinneringe nog asemhaal en waar jy dalk so tussen die bredie en die broosheid iets van jouself sal vind.
Hierdie produksie, wat reeds twee Kanna-benoemings agter sy naam het, het die vermoë om emosies los te torring, onthou uit te rafel en die lewe vir ’n oomblik oop te trek soos wat dinge was en ook geword het.
