Onheil in Onrus | Komedie - 10 Aug
- Get Tickets
- Details

Onheil in Onrus: ’n Plaaslike whodunnit vol geheime, spanning en skerp draaie
Met: Corniël Calitz, Rita Louw, Maria Hofmeyr en ander
Teks en regie: Marhette van Huyssteen
Local is superlekker met hierdie oorspronklike moordraaisel wat in die Overstrand ontwikkel is en deur plaaslike teaterentoesiaste opgevoer word.
Professor Soois de Wit en sy vrou, Natalia, nooi vriende na hul strandhuis in Onrus om haar aanwysing as Besigheidsvrou van die Jaar te vier.
Maar ná die feesviering word die professor se assistent die volgende oggend dood op die strand aangetref.
So begin ’n storie vol onderduimse onderhandelinge, twyfelagtige verhoudings en geheime agendas, waar niemand heeltemal onskuldig is nie. Met temas van smokkelary, mag en gierigheid word die waarheid stadig ontbloot.
Onder leiding van Speursersant Rona Rolf moet die vrae beantwoord word: Wie is skuldig – en wie het die meeste te wen?
Hierdie is ’n spanningsvolle en vermaaklike plaaslike produksie wat gehore tot die einde laat raai.
Ouderdomsbeperking: Alle ouderdomme
Kaartjienavrae:
Telefoon: 012 880 26 35
e-pos: [email protected]
Werksure:
Maandag tot Vrydag: 9vm to 5nm
Saterdae: 10vm to 2nm
Sondae: 10vm to 1nm
Publieke Vakansiedae: 10vm to 1nm
- Instagram: @kalfiefeeshermanuskunstefees
Follow the event with #kalfiefeeshermanuskunstefees