ONS SAL SELF - KONSERTE

Fri. 6 Aug, 2021 at 6:30pm - Fri. 13 Aug, 2021 at 8:30pm SAST
All Ages
All Ages
  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
All Ages
Event Description
ONS SAL SELF - KONSERTE

WOES 74 en 75 - VIRSEKER bied met trost aan: ONS SAL SELF – DIE KONSERTE.


Dis die grootste musiekgebeurtenis van 2021 en selfs ‘n pandemie sal ons nie onder kry nie. Ons doen dit sommer self, spesiaal vir julle, met die vriendelike hulp van ons hoofborg Virseker, asook Gys Pitzer Motors, Laeveld Agrochem, United Seeds, Café Crème, Solidariteit Helpendehand, om maar net ‘n paar te noem.


En die beste van alles: Dis absoluut gratis en verniet vir jou om te kyk en te geniet.


Al wat jy hoef te doen, is om hierdie inisiatief te ondersteun deur lootjies te koop met reuse pryse soos ‘n borgmotor vir ‘n jaar, wegbreek-vakansies, oormaaksessies, heerlike karoo-lammers vir jou volgende spitbraai en vele meer.


Maak ook seker dat jy instem dat Virseker jou mag skakel vir ‘n verpligtingvrye kwotasie – vir elke kwotasie voltooi, het Virseker ingestem om R500 aan die “Ons Sal Self” inisiatief, ten bate van ons Afrikaanse musikante, te skenk.


Daar sal twee konserte wees wat lewendig gestroom sal word op 10 You Tube en Facebook-blaaie.  Sien onderstaande inligting vir YouTube skakels na die onderskeie konserte.


Vrydag 6 Augustus 2021 om 18h30:


Bok van Blerk, Jo Black, Appel, Elvis Blue, Dewald Wasserfall, Gerhard Steyn, Tarryn Lamb, Corlea Botha, Monique Steyn, Charlize Berg, Touch of Class en Wilha.


Veld-aanbieder: Anlia Star


Ateljee-aanbieders: Jaco van Dyk en Hamilton Wessels van WOES-faam


YouTube Skakel:  Konsert1


Vrydag 13 Augustus 2021 om 18h30:


Ricus Nel, Demi Lee Moore, Riaan Benadé, Chris Else, Ruhan du Toit, Refentse, Danny Smoke, Jay & Lianie May, Martin Bester, Ivan Roux, Liezel Pieters en Tasha.


Veld-aanbieder: Anlia Star


Ateljee-aanbieders: Jaco van Dyk en Hamilton Wessels van WOES-faam


YouTube Skakel:  Konsert2


Reuse pyse sal ook tydens die twee konserte opgeveil word.



Sit agteroor en geniet lekker vermaak in jou huis.


Vir enige kaartjie navrae kontak ons kaartjievennoot TIXSA.


TELEFOON:


012 880 26 35 


WERKSURE:


MAANDAG - VRYDAG 9VM – 5NM, SATERDAE 10VM – 4NM; SONDAE 10VM -1NM


PUBLIEKE VAKANSIEDAE: 10VM – 1NM


 

Comments
Select Tickets
Sorry, this event has already taken place.
Venue Details
Map of Venue Location.
Ons Sal Self Konsert AANLYN
https://bit.ly/3BR5btt, Internasionaal 0000
Join the Conversation

Follow the event with #OnsSalSelf