ONTBLOOT met Edrien Erasmus
- Get Tickets
- Details
Ontbloot met Edrien Erasmus
Na meer as 15 jaar in die vermaaklikheids bedryf, het Edrien Erasmus genoeg moed bymekaar geskraap om haar eie hart as kunstenaar, vrou, mens, sanger en grappie verteller (is dit ooit iets?) met gehore te deel.
"Om 'n kunstenaar of selfs net kreatiewe mens te wees, dwing jou soms om verskillende karakters in jou hart en kop toe te laat. Die groot uitdaging is, om tussen al die verskillende karaktes, emosies, rond toer, skryf, sing, skep, kreatief bly en duisend ander veranderlikes, steeds jouself te bly. Eerlik, ontbloot... net Edrien."
Edrien nooi gehore uit om vir 'n oomblik in haar wêreld te kom kuier.
"Ek belowe nie dat jy aan die einde van "Ontbloot", my of ander kreatiewe siel enigsens beter sal verstaan nie, ek belowe net 'n kykie in die wêreld wat ek meestal my eie noem. Ons gaan sing en lag en huil en daarna bietjie wyn drink"
Ontbloot is 'n eenvrou vertoning wat bestaan uit tientalle oorspronklike liedjies, verskeie oorspronklike komiese stukke asook 'n kabaret nommer of twee. Met Edrien Erasmus, klavier begeleiding deur Chanie Jonker en regie word behartig deur Cobus Venter.
- Twitter: @CenTheatre_PTA
- Instagram: @Centurion_Theatre
Follow the event with #CenturionTheatre