ontbytSAKE Onderneming van die Jaar 2024 - Gala Toekenningsgeleentheid

Thu. 30 May, 2024 4:00pm - 10:00pm SAST
16 Jaar en Ouer
3 days away
16 Jaar en Ouer
  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
3 days away
16 Jaar en Ouer
Event Description
ontbytSAKE Onderneming van die Jaar 2024 - Gala Toekenningsgeleentheid

'n Vyfster Rooitapytgeleentheid, aangebied deur ontbytSAKE op kykNET, wat bekendes in die vermaaklikheidsbedryf, smulleker geregte en ’n musiekvertoning insluit.


By dié geleentheid gee ontbytSAKE by uitstek erkenning aan uitnemende klein- en groter sakeondernemings, maar dit sluit ook vermaaklikheidstoekennings aan ons gewildste ateljeegaste en uitstaan-oomblikke in, want ontbytSAKE is daar om kykers te vermaak, maar ook om aan besighede bekostigbare nasionale blootstelling te bied.


"Ons Mense. Ons Besighede. Ons Trots!"


Datum: Donderdag, 30 Mei 2024 (net na verkiesingsdag en voor naweek)


Registrasie: 16:00 – 17:00 (Deure sluit om 18:00 vir verfilmingdoeleindes)


Rooitapyt en fotos: 16:00 – 17:30


Plek: Maslow Hotel, Time Square, Pretoria


Drag: Streng formeel (Strikdas/Aandrok)


Programhoogtepunte



  • Rooitapyt-onderhoude en fotosessies

  • Professioneel saamgestelde toekenningsvertoning

  • Vermaak deur bekende kunstenaars, saamgestel deur die bekroonde Willie Venter

  • Smullekker driegang-maaltyd met wyn

  • Kuier voor en na die funksie op swembaddek (kontantkroeg)

  • Spesiale media-sessie vir al die wenners



Wat maak die Toekennings uniek



  • Eerste Toekenningsaand in ontbytSAKE se 24-jaar bestaan

  • Besigheid- en vermaaktoekennings word gekombineer

  • ... en dan is daar 'n eerste-ooit in Suid Afrika wat die aand gaan plaasvind gedurende 'n toekenningsgeleentheid!



Moenie dié spoggeleentheid misloop nie! Dit beloof ook om ‘n uitstekende sosiale netwerkgeleentheid te wees!


Die ontbytSAKE-span sien uit daarna om u te verwelkom by wat beloof om 'n besondere aand te wees.

Comments
Select Tickets
Uitverkoop
Venue Details
Map of Venue Location.
The Maslow Time Square 209B Aramist Ave, Menlyn
Pretoria, Gauteng 0181
Join the Conversation

Follow the event with #ontbytsake