ontbytSAKE: BitterLekker Musiekvertoning & Wynproe

Sat. 6 Apr, 2024 2:00pm - 7:00pm SAST
18 Jaar en ouer
R100.00 - R150.00
18 Jaar en ouer
  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
R100.00 - R150.00
18 Jaar en ouer
Event Description

ontbytSAKE bied aan: die BitterLekker Musiekvertoning & Wynproe by die B|Loved Klein Teater in Pretoria-Oos.


Kom geniet ‘n heerlike dag van uitsonderlike wyne en pragtige Afrikaanse musiek deur onafhanklike kunstenaars, waar elke oomblik 'n herinnering skep wat lank gekoester sal word.



Datum: Saterdag, 6 April


Wynproe:
Tyd: Tussen 14:00 en 17:00
Die Wynproe begin om 14:00 met geleentheid om ‘n verskeidenheid uitsoekwyne te geniet wat eksklusief vir die geleentheid gekies is. Jy kan ook Uitkyk kaas-en-vleisborde bestel wat die wyne perfek sal komplimenteer.


Musiekvertoning:
Tyd: 17:30 tot 19:00
Die musiekvertoning by die B|Loved Klein Teater, met sy intieme atmosfeer, sluit optredes in van On-Que, Lizandra Winter, Rita Li, Renaldo Alberts, Carma en Elme Churr in.


Spesiale Aanbod:
Koop ‘n kaartjie vir die musiekvertoning teen R100 en kry ‘n wynproekaartjie teen slegs R50 ekstra!


Kaas-en-vleisborde is ekstra en slegs beskikbaar om aanlyn te bestel by Tixsa.co.za en nie by die venue beskikbaar om te bestel nie.


Belangrike Kennisgewing:
Kaas-en-vleisborde moet vooraf bestel word hier op Tixsa.co.za. Sonder voorafbestelling kan hierdie borde nie op die dag van die geleentheid gekoop word nie.


Sitplekke is beperk, so moenie te lank wag nie. Bespreek nou jou plek by Tixsa.co.za.


Sluit aan by die B|Loved Klein Teater vir 'n lekker dag van wyn en musiek, trots aangebied deur ontbytSAKE, die ideale geleentheid om jou passie vir beide te vier.  – moet dit nie mis loop dit nie!


 




KONTAK ONS

012 880 26 35 / [email protected]

Kaartjieondersteuning:

Maandag - Vrydag 9vm - 5nm Saterdae 10vm - 2nm Sondae 10vm -1nm Openbare Vakansiedae 10vm - 1nm

Comments
Select Tickets
Sorry, this event has already taken place.
Venue Details
Map of Venue Location.
B|Loved Klein Teater B4i Project 35A Catherine Street, Shere
Pretoria East, Gauteng 0083
Join the Conversation

Follow the event with #ontbytsake