ontbytSAKE: BitterLekker Musiekvertoning & Wynproe
- Get Tickets
- Details
ontbytSAKE bied aan: die BitterLekker Musiekvertoning & Wynproe by die B|Loved Klein Teater in Pretoria-Oos.
Kom geniet ‘n dag van uitsonderlike wyne en pragtige Afrikaanse musiek deur onafhanklike kunstenaars, waar elke oomblik 'n herinnering skep wat lank gekoester sal word.
Datum: Saterdag, 4 Mei
Wynproe en Musiekvertoning:
Tyd: Wynproe tussen 15:00 en 17:00, gevolg deur 'n musiekvertoning wat om 17:30 begin. Geniet 'n verskeidenheid uitsoekwyne wat eksklusief vir die geleentheid gekies is. Daarna volg 'n uurlange musiekvertoning in die intieme atmosfeer van die B|Loved Klein Teater. Dié vertoning sluit optredes in van onafhanklike kunstenaars.
Kaartjies:
Koop ‘n kaartjie vir beide die wynproe en die musiekvertoning teen slegs R100!
Kaas-en-vleisborde:
Kaas-en-vleisborde is beskikbaar teen R125 en moet vooraf bestel word op Tixsa.co.za.
Belangrike Kennisgewing:
- Kaas-en-vleisborde moet vooraf bestel word by Tixsa.co.za. Dit kan nie op die dag van die geleentheid gekoop word nie.
- Sitplekke is beperk, so moenie te lank wag nie. Bespreek nou jou plek by Tixsa.co.za.
BitterLekker Rugby op skerms ook!
Sluit aan by die B|Loved Klein Teater vir 'n heerlike dag van wyn en musiek, trots aangebied deur ontbytSAKE. Moenie hierdie spesiale geleentheid misloop nie!
- Instagram: @ontbytsake
Follow the event with #ontbytsake