ontbytSAKE: BitterLekker Musiekvertoning & Wynproe

Sat. 4 May, 2024 3:00pm - 7:00pm SAST
18 Jaar en ouer
R100.00 - R125.00
18 Jaar en ouer
  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
R100.00 - R125.00
18 Jaar en ouer
Event Description
ontbytSAKE: BitterLekker Musiekvertoning & Wynproe

ontbytSAKE bied aan: die BitterLekker Musiekvertoning & Wynproe by die B|Loved Klein Teater in Pretoria-Oos.


Kom geniet ‘n dag van uitsonderlike wyne en pragtige Afrikaanse musiek deur onafhanklike kunstenaars, waar elke oomblik 'n herinnering skep wat lank gekoester sal word.


Datum: Saterdag, 4 Mei


Wynproe en Musiekvertoning:
Tyd: Wynproe tussen 15:00 en 17:00, gevolg deur 'n musiekvertoning wat om 17:30 begin. Geniet 'n verskeidenheid uitsoekwyne wat eksklusief vir die geleentheid gekies is. Daarna volg 'n uurlange musiekvertoning in die intieme atmosfeer van die B|Loved Klein Teater. Dié vertoning sluit optredes in van onafhanklike kunstenaars.


Kaartjies:
Koop ‘n kaartjie vir beide die wynproe en die musiekvertoning teen slegs R100!


Kaas-en-vleisborde:
Kaas-en-vleisborde is beskikbaar teen R125 en moet vooraf bestel word op Tixsa.co.za.


Belangrike Kennisgewing:



  • Kaas-en-vleisborde moet vooraf bestel word by Tixsa.co.za. Dit kan nie op die dag van die geleentheid gekoop word nie.

  • Sitplekke is beperk, so moenie te lank wag nie. Bespreek nou jou plek by Tixsa.co.za.


BitterLekker Rugby op skerms ook!


Sluit aan by die B|Loved Klein Teater vir 'n heerlike dag van wyn en musiek, trots aangebied deur ontbytSAKE. Moenie hierdie spesiale geleentheid misloop nie!

Comments
Select Tickets
Sorry, this event has already taken place.
Venue Details
Map of Venue Location.
B|Loved Klein Teater B4i Project 35A Catherine Street, Shere
Pretoria East, Gauteng 0083
Join the Conversation

Follow the event with #ontbytsake