Ontdek jou sangstem | Werkswinkel
- Get Tickets
- Details
ONTDEK JOU SANGSTEM AANGEBIED DEUR Pierre en Pauli Produksies
Hierdie slypskool neem jou deur al die stappe na die ontdekking en ontwikkeling van jou sangstem.
Kom leer hoe om met selfvertroue jou stem te vind. Leer wat die omvang van jou stem is.
Vind uit waar jou groeipunte lê en kry die nodige kennis om dié groeipunte aan te spreek.
Leer hoe om ’n mikrofoon en die verhoog te gebruik, en vele meer.
Pierre rig al 28 jaar lank sang af en het talle sangers die verhoogligte laat beleef.
Baie van dié sangers se musiekvideo’s is ook op sosiale media te sien.
Moenie wag nie – skryf in sodat jou lig kan skyn en jou stem gehoor word!
Tydsduur: 150 minute
Price: R400
Feesnavrae:
[email protected] | +27 61 5209041
Kaartjienavrae:
Telefoon: 012 880 26 35
e-pos: [email protected]
Werksure:
Maandag tot Vrydag: 9vm to 5nm
Saterdae: 10vm to 2nm
Sondae: 10vm to 1nm
Publieke Vakansiedae: 10vm to 1nm
- Instagram: @kalfiefeeshermanuskunstefees
Follow the event with #kalfiefeeshermanuskunstefees