OP BLOED SE SPOOR

Sat. 25 Apr, 2026 8:00am - 9:00am SAST
All Ages
26 days away
All Ages
  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
26 days away
All Ages
Event Description


In Heks neem DIBI BREYTENBACH haar toevlug tot sprokies en mites om haarself teen ’n oorlog én geweld tussen haar eie vier mure te beskerm. MARIETA CARRICK se Bloed van ’n vlinder is ’n sielkundige riller—met ’n magiese ondertoon—wat in hospitaalgange afspeel. LEON VAN NIEROP, skrywer van Die volmaakte moord, hoor by dié twee krimi-skrywers hoe hulle vreemde, bloedstollende gebeure beplan.


Kos en drankies sal op eie koste beskikbaar wees.
Geen alkohol mag na die venue gebring word nie.
Venue is rolstoelvriendelik.
Straatparkering is beskikbaar.


Daar sal ’n geleentheid wees om die skrywers ná die praatjie te ontmoet en hul boeke te koop.


Kuier vroegoggend oor ‘n koppie koffie saam met Dibi, Leon en Marieta by O’s Coffee in die Lonely Rooster-sentrum (oorkant die Protea hotel). Die eerste 30 gaste wat hul toegangskaartjies toon se koffie is boonop gratis! O’s Coffee is van 7:00 – 17:00 oop. Die boekgesprek begin stiptelik 8:00.




GET IN TOUCH


012 880 2635 / [email protected]


OPERATING HOURS


Ticketing Support:



  • Monday - Friday: 9am - 5pm

  • Saturdays: 10am - 2pm

  • Sundays: 10am - 1pm

  • Public Holidays: 10am - 1pm

Comments
Reserve Tickets
GENERAL ADMISSION R120.00
Venue Details
Map of Venue Location.
Protea Hotel Corner of Main and Van der Merwe Streets
Clarens, Free State 9707
Join the Conversation