Operasie Gwarri: Twee operateurs in die Doodsakker
- Get Tickets
- Details
Augustus 1987 ontplooi ’n klein span in die suidweste van Angola om ’n verkenning op ’n SWAPO-basis uit te voer. Stafsersant Justin Vermaak en sersant Johnny de Gouveia se posisie raak bekend aan die vyand waarop ’n vuurgeveg uitbreek. Die twee operateurs veg teen ’n oormag met beperkte ammunisie en moes noodgedwonge met ’n ontsnap-en-ontwykingsplan begin.
Johnny de Gouveia word in die elmboog en enkel gewond in ’n opvolggeveg terwyl Justin Vermaak aan erge hitte-uitputting begin ly. Teen laaste lig lyk hulle situasie hopeloos, die SWAPO-patrollie begin met ’n omsingeling en Johnny haal sy laaste twee rondtes uit en oorhandig een aan Justin …
Kom luister na Justin Vermaak en Doibie Coetzee se eerstehandse vertelling van die merkwaardige ontsnapping.