Ouma en die ou koeie | Komedie
- Get Tickets
- Details

Ouma en die ou koeie: ’n Skreeusnaakse en eerlike kabaret oor herinneringe, waarheid en die dinge wat ons eerder wil vergeet
Met: Margit Meyer-Rödenbeck
Klavier en verwerking: Coenraad Rall
Teks, musiek en regie: Jurgen Human
Soos ons ouer word, begin ons party dinge gerieflikheidshalwe vergeet – veral dié wat ons eerder nie wil onthou nie.
En die goed wat ons wél onthou, kry mettertyd ’n paar interessante “versierinkies” by.
’n Halwe waarheid word later ’n voldonge feit, en ’n eenvoudige storie groei tot iets baie meer dramaties.
Maar met Ouma is dit anders – sy onthou alles.
Nie net haar eie stories nie, maar ook dié van die “vromes” wat hul ou koeie liewer in die sloot sou wou los.
Wat sy egter vergeet het, is hoe om doekies om te draai.
Ouma en die ou koeie is ’n komedie-kabaret vol humor en eerlikheid wat jou een oomblik laat skaterlag en die volgende oomblik laat stil raak – want jy mag jouself dalk net herken.
Tydsduur: 80 min
Ouderdomsbeperking: Alle ouderdomme
Kaartjienavrae:
Telefoon: 012 880 26 35
e-pos: [email protected]
Werksure:
Maandag tot Vrydag: 9vm to 5nm
Saterdae: 10vm to 2nm
Sondae: 10vm to 1nm
Publieke Vakansiedae: 10vm to 1nm
- Instagram: @kalfiefeeshermanuskunstefees
Follow the event with #kalfiefeeshermanuskunstefees
