Pennies op die spoor | Sang en Musiek

Wed. 5 Aug, 2026 at 6:00pm SAST
Alle ouderdomme
89 days away
Alle ouderdomme
  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
89 days away
Alle ouderdomme
Event Description


Pennies op die spoor: ’n Viering van die musiek-erfenis van een van Afrikaans se grootste liedjieskrywers


Met: Petronel Baard, Lang Vrou Produksies


“Pennies op die spoor” is ’n viering van die musiek-erfenis van Stef Kruger, een van Afrikaans se grootste liedjieskrywers.


Hierdie spesiale produksie bring ’n uitsonderlike groep musikante bymekaar: Blackie Swart, Jannie Moolman, Riku en Jackie Lätti, Schalk Maas, Petronel Baard, en die meester self, Stef Kruger – saam bekend as “Die Misfits”. Tong in die kies, want dit is ’n uiteenlopende groep kunstenaars wat saam uitsonderlik goed werk.


Die vertoning vang die gees van jarelange vriendskappe, kreatiewe samewerkings en landwye toere vas – van Die Wasgoedlyn tot Triptruuk, van intieme teaters tot groot verhoog-oomblikke. Elke kunstenaar dra ’n besondere deel van Kruger se nalatenskap, en saam skep hulle ’n ware ode aan Afrikaans en aan een van sy grootste woord- en musiekmeesters.


Gehore kan uitsien na ’n vertoning vol hart, humor en ongeëwenaarde musiek – oorspronklik, eg en diep verweef met die landskap wat Kruger se liedere al jare lank inkleur.


Groot talent. Groot stories. Groot musiek.


Stef Kruger is in 2024 vir sy lewenslange bydrae tot Afrikaans vereer deur SACMAF, die Suid-Afrikaanse Country Musiekstigting.


Ouderdomsbeperking: Alle ouderdomme





Kaartjienavrae:


Telefoon: 012 880 26 35


e-pos: [email protected]


www.kalfiefees-hermanus.co.za  


Werksure:


Maandag tot Vrydag: 9vm to 5 nm


Saterdae: 10vm to 2nm


Sondae: 10vm to 1nm


Publieke Vakansiedae: 10vm to 1nm

Reserve Tickets
Algemene Toegang R200.00
Venue Details
Map of Venue Location.
Nederduitse Gereformeerde Kerk Kerkstraat
Hermanus, Hermanus 7200
Join the Conversation

Follow the event with #kalfiefeeshermanuskunstefees