Pierneef's Kraal Lentefees: Joshua na die Reën
- Get Tickets
- Details

Pierneef's Kraal Lentefees met Joshua na die Reën
12-14 Oktober
18:00 - 21:00
Ons vier die lente by Pierneef's Kraal se Lentefees met Joshua na die Reën.
Die formaat van die intieme aand is 'n uitgesoekte samesmelting van kuns, kos en musiek uit die boonste rakke.
Die aand begin met 'n heerlike bederf van uitgesoekte vingerhappies saam met n gepaste verwelkomingsdrankie in die asemrowende De Kraal Restaurant, op die perseel van Pierneef's Kraal. Na die heerlike samesyn van vriende onder die sterre beweeg ons 50 spesiale gaste na Pierneef se eie studio waar hy as skilder sy stasiepanele geskilder het. Hier beleef jy die intieme musiek van JNDR en dwaal jy saam in die gees van inspirasie waar Pierneef in die studio talle meesterstukke geskilder het.
Na afloop van die inspirerende konsert, beweeg ons gaste weer terug na die De Kraal Restaurant en geniet 'n heerlike soetigheid, spesiaal voorberei deur ons hoof sjef, Victoria. Ons kuier dan saam met JNDR.
'n Kontantkroeg met uitgesoekte wyne, ons eie De Kraal MCC Brut en ander heerlike drankies is deur die loop van die aand beskikbaar.
Kuns, Musiek en Kos...dis mos nou voedsel vir die siel!
Kom ons vier fees!
Annette & Chris de Beer
- Instagram: @pierneefskraal
Follow the event with #pierneefskraalfees