Pietman Geldenhuys

Sat. 2 Mar, 2024 at 6:00pm SAST
All Ages
All Ages
  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
All Ages
Event Description
Pietman Geldenhuys

Pietman Geldenhuys kom hou konsert by Die Boer en Die Belg.


Kom geniet 'n heerlike aand in die bosveld, met musiek, stories en lekker kos.


Meer onlangs het Pietman en Andries Vermeulen saam met André Calitz van Blixem Productions gespan vir die maak van die TV reeks ”Oppiestoep” waarvan hy een van die aanbieders is.


Hy het groot aanhang verwerf met die skotse lied "Flower of Scotland" op die televisie program “Toks 'n Tjops” en die lied is ook opgeneem op sy album 'Hamlet by Night'.


In 2019 wen Pietman Geldenhuys 'n Ghoema Musiektoekenning vir Beste Liedjieskrywer.


[I’m a musician, songwriter, comedian, actor, Scottish persona, husband and entertainer. They also call me Pietman die Skot. They also call me Peter Mitchell.]

Pietman Geldenhuys

Pietman Geldenhuys is gebore in Prince Alfred's Hamlet in die Boland. Van kleins af stel hy belang in musiek en vermaak. Hy het op 6-jarige ouderdom vir die eerste keer as solis in die kerk gesing. nNa hy sy Hoërskool opleiding voltooi het aan Boland Landbou, het hy Engeland gaan verken vir bykans 3 en 'n half jaar. Daar het hy onder andere as trekkerdrywer, verkoopsman, kelner, en straatmusikant sy brood verdien. Nadat hy op juis so straathoek raakgesien is deur 'n plaaslike musikant, wat hom toe genooi het om saam met hom op te tree, het hy begin floreer as musikant in sy eie reg. Hy het vir byna 'n jaar en 'n half voltyds in kroeë, restaurante en al wat watergat is opgetree regoor Engeland.nToe sy visum uiteindelik verval en hy moes terugkeer huistoe, het hy sy passie verder kom uitleef deur aan City Varsity te studeer as omroeper en akteur vir beide televisie en die verhoog. nTussendeur sy opleiding het hy aanhou musiek maak by verskeie geleenthede en funksies. Hy ontwikkel sy alter ego, die Skotsman as deel van sy repertoire. By een só funksie word hy raakgesien deur die rocker Valiant Swart wat hom toe saamnooi om met sy groep te toer. In hierdie tyd ontmoet hy vir Ollie Viljoen saam met wie hy vir etlike jare daarna sou optree in sy verskeie gedaantes onder andere as Skotsman, musikant en storieverteller.nnHy skryf liedjies vir onder andere Bok van Blerk, Ricus Nel, Hugo, Andries Vermeulen en Wicus van der Merwe. Hy hou graag sy lyf akteur in enige iets van films, soos Die rebellie van Lafras Verwey en tot verhoogstukke soos Renier Grootlieg De Winnar saam met Chris van Niekerk.nPietman was deur die jare nouliks betrokke by verskeie produksies wat wissel van optredes by ‘Afrikaans is Groot’ tot “Oppiekopp”’, “Noot vir Noot” tot “Musiek Roulette”. Hy is ook dikwels te sien in die produksie “Die Boer en Skot”’ saam met Bok van Blerk en Ricus Nel. nMeer onlangs het Pietman en Andries Vermeulen saam met André Calitz van Blixem Productions gespan vir die maak van die TV reeks ”Oppiestoep” waarvan hy een van die aanbieders is. Hy het groot aanhang verwerf met die skotse lied Flower of Scotland op die televisie program “Toks 'n Tjops” en die lied is ook opgeneem op sy album 'Hamlet by Night'. Sy album 'YOU AND I' asook die storiealbum “Die ding van 'n storie” is in 2017 vrygestel. In November 2018, na twee suksesvolle Engelse albums het Pietman sy eerste Afrikaanse album “Van die os op die jas” bekend stel. Pietman het al 12 die liedjies op die album self geskryf en het dit saam met die musikante Mauritz Lotz, Schalk Joubert, Kevin Gibson en Melissa van der Spuy, by Sunset Recording Studios in Stellenbosch opgeneem. Met die album wys hy dat hy ligsinnig, ernstig, romanties en sosiaal met verskillende temas kan omgaan. “Van die os op die jas” is saam met die ander twee albums in Musicas landwyd, op sy webtuiste (www.pietman.tv), Itunes & alle ander digitale platforms beskikbaar. In 2019 wen Pietman Geldenhuys 'n Ghoema Musiektoekenning vir Beste Liedjieskrywer.

Comments
Select Tickets
Sorry, this event has already taken place.
Venue Details
Map of Venue Location.
Die Boer en die Belg Part 4 of Rietvally 340
Naboomspruit, Mookgopong 0560