Pinotage & die Klank van Afrikaans – ’n Unieke sintuiglike reis | WYN | KOS | MUSIEK | STORIES

Sat. 2 Aug, 2025 6:00pm - 8:30pm SAST
Geen onder 18
69 days away
Geen onder 18
  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
69 days away
Geen onder 18
Event Description


Pinotage en die Klank van Afrikaans – ’n Unieke sintuiglike reis 


In 2025 het ons vier redes om feestelik te wees: Kalfiefees vier sy 25ste bestaansjaar, Jak de Priester herdenk amper 25 jaar in die Afrikaanse musiekbedryf, Afrikaans as amptelike taal word 100 jaar oud, en Pinotage – Suid-Afrika se eie trots – vier ook sy eeufees.


Hierdie eksklusiewe aand neem jou op ’n reis deur die sintuie: Jak de Priester se treffers bring nostalgie, romanse en verlange, terwyl Barto Eksteen se meesterlike wyn- en kosparing elke noot en woord komplementeer.


’n Tafel is meer as net ’n plek om te eet – dis waar stories vertel en herinneringe geskep word.


Met wyn in die hand, musiek in die ore en stories in die hart, vier ons saam eeue van kultuur, taal en passie.


Maak seker jy mis nie hierdie eenmalige viering van Afrikaans en Pinotage nie – 'n aand van wyn, woord en wonder.


Tydsduur: 150 min


Ouderdomsbeperking: Geen onder 18




Kaartjienavrae:


Telefoon: 012 880 26 35


e-pos: [email protected]


www.kalfiefees-hermanus.co.za  


Werksure:


Maandag tot Vrydag: 9vm to 5 nm


Saterdae: 10vm to 2nm


Sondae: 10vm to 1nm


Publieke Vakansiedae: 10vm to 1nm

Comments
Reserve Tickets
Algemene Toegangskaartjie R850.00
Venue Details
Map of Venue Location.
The Marine Hermanus Main Road, Hermanus
Hermanus, Weskaap 7200
Join the Conversation

Follow the event with #kalfiefeeshermanuskunstefees