Potch Geesfees 2026

Fri. 28 Aug, 2026 at 11:00am - Sat. 29 Aug, 2026 at 10:00pm SAST
All Ages
59 days away
All Ages
  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
59 days away
All Ages
Event Description
Potch Geesfees 2026

Dit is met groot trots en dankbaarheid dat ons die 5de Potch Geesfees aankondig — ’n belangrike mylpaal in ’n reis wat begin het as ’n droom, en gegroei het tot ’n viering van gemeenskap, kultuur en samehorigheid.



Wat ’n ongelooflike pad was dit nie. Met elke jaar het die Geesfees gegroei — nie net in grootte nie, maar in impak. 2025 was ons grootste fees nóg, en dit is alles te danke aan die onwrikbare ondersteuning van ons gemeenskap, vennote en feesgangers.



Ons trots lê egter nie net in die sukses van die fees self nie, maar in dit wat daaruit voortvloei. Met ons verskeie inisiatiewe wat ons in en om Potchefstroom ondersteun, bly ons verbind tot ons kerndoel: om terug te ploeg in die gemeenskap wat ons dra.



Nou, met 2026 as ons 5de jaar, sien ons met groot verwagting uit na wat voorlê. Hierdie mylpaal bied vir ons die geleentheid om nóg groter te droom, nóg meer mense te bereik en nóg dieper impak te maak. Alles dui daarop dat jaar 5 die grootste Potch Geesfees nóg kan wees.



Ons nooi jou uit om deel te wees van hierdie besondere viering — ’n naweek van uitstekende vermaak, lekker kos, unieke stalletjies en, bowenal, die egte gees van Potch.



Dankie dat jy saam met ons hierdie reis stap. Sonder julle sou dit nie moontlik wees nie.




Kom vier saam. Kom bou saam. KOM PLOEG TERUG!

Reserve Tickets
Vrydag - Kinders 6jr tot 18jr R50.00
Vrydag - Volwassenes R100.00
Saterdag - Kinders 6jr tot 18jr R80.00
Saterdag - Volwassenes R150.00
Select Bundles
Gryp-Gou Kaartjies Naweek - Volwassenes + More Details R180.00
Naweek kaartjie - Kinders 6jr tot 18jr + More Details R100.00
Venue Details
Map of Venue Location.
Lekwena Wildlife Estate N12
Potchefstroom, Northwest Province 2531
Join the Conversation

Follow the event with #potchgeesfees2026