Recce-storieaand, met dr. Wouter Basson – Projek Coast
- Kry kaartjies
- Besonderhede

In die vroeë 80’s stig kommandant Wouter Basson 7 Med as die SAW se mediese eenheid vir spesiale magte en word hy daarna deur die destydse regering die taak opgelê om ’n defensiewe chemiese en biologiese vermoë vir die SAW te ontwikkel.
Vanweë die land se isolasie moes dr. Basson ’n spioenasienetwerk ontwikkel om Westerse en kommunistiese lande te infiltreer. Onder sy leiding is hoogs geheime navorsingslaboratoriums gestig en ontwikkel. ’n Wêreldklas- defensiewe vermoë is binne die bestek van ’n paar jaar gevestig.
In die 90’s verander die politieke landskap en vorige opdraggewers en medewerkers sou op onverklaarbare en met buitengewone venyn teen dr. Basson en Projek Coast draai. Alle howe sou einde ten laaste dr. Basson en Projek Coast van enige blaam onthef.
Kom luister na dr. Basson se persoonlike weergawe van Projek Coast.
