RIANA NEL - Akoesties

Wed. 19 Jul, 2017 at 7:00pm SAST
All Ages
Price: R170.00
All Ages
  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
Price: R170.00
All Ages
Event Description
RIANA NEL - Akoesties

n 2011 het Riana besluit dit is tyd vir ‘n wending in haar musiekloopbaan.  Sy het hande gevat met die platemaatskappy, Coleske Artists waar sy haar buiging in die sekulêre mark gaan maak.  Dit is ‘n unieke skuif aangesien meeste kunstenaars gewoonlik eers  ‘n sekulêre album en dan  ‘n gospel album opneem.  Riana voel ook sy het nie haar waardes en geloof verraai deur af te wyk van die gospel mark af nie.  Net soos haar gospel liedjies, bevat haar sekulêre album diep, hartroerende boodskappe wat veral op paartjies en selfs op enkellopendes gemik is.


 Haar album, “Die Moeite werd” het die dubbel platinum merk (80 000 eenhede) oorskry en met 5 nommer een radiotreffers word sy beskou as een van die grootste vroulike kunstenaars in die land.  In 2012 het sy weggestap met die Tempo Toekenning vir die gewildste Pop album en by die Ghoema Toekennings in 2013 deel sy die gesogte titel van Liedjieskrywer van die Jaar met Johan Vorster.


 Sy skryf ook liedjies vir talle plaaslike kunstenaars insluitende Juanita du Plessis, Jay, Lianie May, Bobby van Jaarsveld en nog vele meer.  Haar gewilde treffers “Dans” en “Timbuktu” is op die klankbaan van die romantiese komedie “Semi-Soet” gebruik en ook “Maak oop jou oë” het ‘n oomblik in “Klein Karoo” soveel meer onvergeetlik gemaak.


Riana Nel se borrelende persoonlikheid en eindelose talent is ‘n wenkombinasie wat tot diep binne in jou siel kruip met haar lirieke en onvergeetlike vertonings.  Sy laat jou lag, huil en wegstap met ‘n verrykende gevoel van emosionele oplewing.   Hou vir Riana dop, sy gaan diep spore in almal se harte trap met haar sagte hart, nagtegaal stem en warm glimlag.


 

Comments
Select Tickets
Sorry, this event has already taken place.
Venue Details
Map of Venue Location.
Centurion Theater 123 Amkor RD.
Centurion, Gauteng 0157
Join the Conversation

Follow the event with #CenturionTheatre