Richard van der Westhuizen – 40

Sa. 25 Jul, 2026 om 3:00nm SAST
Alle ouderdomme
Alle ouderdomme
  • Kry kaartjies
  • Besonderhede
Event Stats
Alle ouderdomme
Event Description


In 2026 vier ons die merkwaardige loopbaan van Richard van der Westhuizen – ’n kunstenaar wat al diep spore in die Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf getrap het. Vir meer as vier dekades lank voer Richard gehore mee – vanaf sy verhoogdebuut in Die Van Aardes van Grootoor in 1979 tot sy onvergeetlike vertolking van die temalied vir Ballade vir ’n Enkeling, asook bekroonde rolle in teaterproduksies, gewilde televisiereekse, rolprente én ’n musiekloopbaan wat goue status behaal het.


Richard is die toonbeeld van volgehoue toewyding en kunstenaarskap. Hy is nie net ’n verteller nie – hy is ’n bewaker van die Afrikaanse taal, ’n draer van kultuur en ’n stem vir ’n volk se verlange en vreugde. In die produksie Richard van der Westhuizen – 40 eer ons nie net ’n loopbaan nie, maar ’n lewe van kreatiewe oorgawe. 


Met Richard van der Westhuizen en Andrew Roos (klavier)


Kommentaar
Kry kaartjies
VisaMasterCardSID Instant EFT
Venuebesonderhede
Map of Venue Location.
AfriForum Teater Greenlyn Village-sentrum H.v. Thomas Edison en, 13th St, Menlo Park
Pretoria, Gauteng 0081