RIKE - INTROSPEKSIE

Sat. 28 Jul, 2018 at 7:00pm SAST
All Ages
Price: R130.00
All Ages
  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
Price: R130.00
All Ages
Event Description


RIKE – WIE IS JY? 


Onthou dié naam: Rike. En dié albumtitel: Wie is jy? Rike is nie maar net nog iemand wat wil sing nie. Sy is ‘n veelsydige musikant, liedjieskrywer én geskoolde sangeres!


Dié gebore Gautenger (Germiston) het haar kleuterjare in die Noordwesdorpie Ventersdorp deurgebring en op Dundee en Pietermaritzburg in Natal grootgeword.


Toe al het sy haar talent geslyp en les in klavier,viool, kitaar en die Franse horing gekry. Rike is deeglik in musiek onderlê: studies aan die Royal School of Music Extra Curricular Centre waar sy lid was van die Youth Symphonic Orchestra; ook lid van die Natalse Jeugkoor.


Teen 17 het sy reeds in Europa opgetree en in 1992 het sy aan die Hoërskool Garsfontein, waar sy een van die skoolkoor se stigterslede was, in Pretoria gematrikuleer. Sy was ook ‘n lid van die Noord-Transvaalse Jeugkoor en van die universiteit van Pretoria se universiteitskoor, waar sy haar graad in BA Drama verwerf het. Sy het van 1990 tot 1996 opleiding in klassieke sang by Bets Botha en aanvullende opleiding by die Poolse stemafrigter Madam Polish gekry. Tydens haar studentejare het Rike aan verskeie studenteproduksies deelgeneem en was ná haar studies ‘n dosent aan die Konserwatorium van Ligte en Gospelmusiek Montana.


Moederskap het haar in 1998 laat besluit om heeltyds ma te wees en sy het eers weer in 2010, toe al ma van ‘n tienerseun en dogter, besluit om haar loopbaan as sangeres te hervat. Sedert Augustus 2011 ontvang sy verdere formele stemopleiding by Mauri Mosterd. En sedertdien was sy by uiteenlopende musikale projekte betrokke.


Rike skryf al van kleintyd af gedigte en dit was bloot ‘n kwessie van tyd dat al haar talente op CD ten toon gestel moes word. Sy ontmoet vir Jacques Rautenbach en John Masser in September 2016 en die ragfynproses om haar gedigte te toonset en te komponeer het toe begin.


Die eindresultaat is Rike se opwindende debuutalbum Wie is jy? “Hierdie album is die afsluiting van van ‘n hartseer era in my lewe, maar meer belangrik : die begin van ‘n nuwe era van hoop en drome wat waar word deur harde werk en nooit opgee nie. Danksy my ouers, suster, kinders en dierbare vriende wat nooit ophou glo het in my nie, het ek die moed en krag gekry om my droom te verwesenlik,” sê sy op 43.


Luister: Kabouter, Onder draai die duiwel rond, Winde van verandering, Moenie bang wees nie, Onbeantwoord, Tussen die duiwel in die diep blou see, Wonder vrede, Huisgenoot, Wolke, Lugkastele, Totsiens en Ek wil vir jou.


In dié liedjies delf sy in uiteenlopende style – wat jazz insluit – diep in haar hart se siel. Sy sing oor herinneringe, verlies, afskeid en verdriet, maar ook oor berusting, oorwinning en lewensvreugdes. Sy lewer sosiale kommentaar en sy bied hoop met geestelike lirieke.


Die pragproduksie - met ‘n ligte klassieke aanslag in die verwerkings en orkestrasie - komplementeer Rike se unieke stem.


Luister met oorgawe en laat Rike toe om jou te help uitvind wie jy is!


 

Comments
Select Tickets
Sorry, this event has already taken place.
Venue Details
Centurion Teater/Theatre 123 Amkor Road
Centurion, Gauteng 0157
Join the Conversation

Follow the event with #CenturionTheatre

View Everyone
Who's Going?

Maria B

jack m

Beatrix F

Angelique B

Stephan H