Rina Hugo bied aan HARTSLIEDERE, ten bate van die Christelike Seemansorganisasie

Sun. 1 Nov, 2020 at 1:00pm - Tue. 15 Dec, 2020 at 11:00pm SAST
All Ages
Price: R2,600.00
All Ages
  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
Price: R2,600.00
All Ages
Event Description
Rina Hugo bied aan HARTSLIEDERE, ten bate van die Christelike Seemansorganisasie

Rina Hugo het ‘n jarelange verbintenis met die Christelike Seemansorganisasie.  Sy het reeds meer as 400 kerk- en seniorburgeroptredes regoor Suid-Afrika gedoen, waartydens die doelstellings en werksaamhede van die CSO verduidelik en bevorder is. Toe hierdie aksies en ook die aktiewe sendingwerk in ons hawens skielik gestop is deur die Covid-19 pandemie het Rina besluit om ‘n aanlyn musiekprogram ten bate van die CSO aan te bied.


Rina het geweet dis die krag en genade van ons Hemelse Vader wat ons deur hierdie pandemie gaan lei en dis met hierdie oortuiging wat sy die keuse van haar liedere gemaak het.  Haar program bestaan uit geestelike sowel as sekulêre liedere wat sy oor die jare gesing en opgeneem het.


Hierdie aanlynkonsert kan vir enige tipe afsluitingsfunksie werk.  Dis net onder ‘n uur lank. Die meeste gemeenskappe het toegang tot wifi, skootrekenaars, projektors en ‘n groot skerm.  Die program kan meer as eenkeer gekyk word nadat die elektroniese kaartjie gekoop is, dus kan al die sosiale protokolle gehandhaaf word, indien meer mense wou kyk.  ‘n Kaartjie kos R2600,00 baie minder as wat meeste kunstenaars vra en die voordeel – dit pas in by die gemeenskap se beplanning – enige tyd, enige plek.  Dit sal beskikbaar wees vir die hele Novembermaand tot en met 15 Desember en belangrik, die hulplyn wat beskikbaar is vir tegniese navrae, is uitstekend om enige probleme te help oplos.


Aanlynkonsert: Vir gemeentes en aftree-oorde


Datum: 1 Nov tot 15 Des


Vir inligting kontak Eleanor: [email protected]


Kostes: R2600.00 per organisasie.


Vir enige navrae rondom kaartjieverkope of aanlynstroming kontak gerus ons kaartjievennoot, TIXSA by:


[email protected] / 012 880 26 35 


Beskikbare tye:


Maandag - Vrydag 9vm - 5nm

Saterdae 10vm - 4nm

Sondae 10vm -1nm

Publieke Vakansiedae 10vm - 1nm

 

Rina Hugo is een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse. Sy het klassieke opleiding, maar het haar later jare toegespits op ligte- en gospel musiek.

CSO - Christelike Seemansorganisasie / Christian Seaman's Organisation

Gee ’n seeman ’n Bybel in sy eie taal en jy gee hom lewe in Christus! / Give a seaman a Bible in his own language and you give him life in Christ!

Comments
Select Tickets
Sorry, this event has already taken place.
Venue Details
WatchaTV https://www.watchatv.co.za/
Online, Internasionaal 0000
Join the Conversation

Follow the event with #HARTSLIEDERE