ROOKSEIN - MacFee, Plett - 20 Des
- Get Tickets
- Details
Met trots aangebied deur After Dark Events @ MacFee, Market Square, Plett #dinnertheatre
ROOKSEIN is 'n musiekgroep wat in die begin van 2018 in Potchefstroom gestig is. Die groep bestaan uit studentevriende Megan Tait, Dian Andre Maritz, en Renier van de Westhuizen. Dit was Renier wat die idee gehad het om die groep te begin en het die ander lede bymekaar gebring. Hulle het 'n gedeelde doelwit om musiek te skep wat diep betekenis dra.
Hul optredes is 'n unieke mengsel van Afrikaanse en Engelse liedjies. Megan Tait is die hoofsanger en het haar musiekopleiding aan die Marinda Hunter Musiekskool in die Paarl begin. Van jongs af was sy betrokke by skoolkore en het aan verskeie talentkompetisies deelgeneem. In 2016 het sy die Top 10 gehaal in kykNET Uitblinkers se Solis vir Christus-kompetisie. In 2018 behaal sy die Top 24 in die eerste reeks van Die Kontrak. In 2019 was sy in die Top 3 van kykNET se Maak My Famous.
Dian Andre Maritz speel die kitaar. 'n Interessante feit oor Dian is dat sy ouers vir hom 'n regterhandse kitaar gekoop het toe hy klein was,
sonder om in ag te neem dat hy linkshandig is. Hy het egter nie toegelaat dat dit hom stop nie, en het die snare omgeruil en die kitaar onder- stebo begin speel. Dian het opleiding ontvang aan die Trinity Rock School en is passievol oor die skryf van sy eie musiek.
Renier van de Westhuizen is die stigterslid van Rooksein en speel die akoestiese kitaar en sing ook. Hy kom uit 'n baie musikale familie en het reeds op agtjarige ouderdom begin dromme speel in die kerk. Sy suster, Bernice West, en sy broer, Van West, is ook bekende name in die Afrikaanse musiek-bedryf.
Rooksein beplan om in 2024 'n splinternuwe album vry te stel, en hulle sien uit daarna om hul nuwe musiek met hul aanhangers te deel.
- Twitter: @BotesJeanne
- Instagram: @botes.jeanne
Follow the event with #AfterDarkPlett