RUHAN DU TOIT - SOUND OF SILENCE AND MORE

Thu. 13 Feb, 2020 at 7:00pm SAST
All Ages
61 days away
Price: R150.00
All Ages
  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
61 days away
Price: R150.00
All Ages
Event Description
RUHAN DU TOIT - SOUND OF SILENCE AND MORE

Ruhan du Toit, wat veral bekend is vir sy aangrypende vertolking van die gewilde


Simon & Garfunkel-treffer, The Sound of Silence, het beslis geen bekendstelling in


musiekkringe nodig nie. Sy unieke vieroktaafstem en natuurlike talent agter die kitaar


en verskeie ander musikale instrumente, het reeds vir hom baie deure oopgemaak en


vir hom ’n permanente plek in die harte van Suid-Afrikaanse en Internasionale


musiekliefhebbers verseker....


Die musikant, wat in Port-Elizabeth grootgeword het en tans in Pretoria woon, werk al sedert


1993 in die musiekbedryf en kon letterlik sing voordat hy behoorlik kon loop of praat. Op die


ouderdom van tien, reik hy sy eerste solo album, Die Hemel Is (1994), uit en dit was maar net die


begin van hierdie singende wonderkind se musiekreis!


In 2012 het hy aangesluit by die bekroonde musiekgroep, Touch of Class, saam met wie hy reeds


dertien suksesvolle albums uitgebring het. The Sound of Silence se musiekvideo, wat hy ook as


deel van dié duo uitgebring het, het groot sukses aanlyn bereik.


Vanjaar is hy reeds ses-en-twintig-jaar in die bedryf en om hierdie mylpaal in sy loopbaan te vier,


gaan hy nou ook sy veelsydigheid as solo-kunstenaar ten toon stel. Ruhan het besluit dat dit tyd is


vir iets nuut en opwindend en daarom gaan hy nou fokus op solo-vertonings, hy is dankbaar vir


alles wat hy by Deon geleer het deur die jare en hy sal die kennis en lewenslesse toepas in sy solo


loopbaan.


Die nuwe vertonings gaan wissel tussen massiewe musikale


verwerkings en naakte eenvoud, waar net sy stem en kitaarspel ten toongestel gaan word. Dit


gaan ook vir hom ’n geleentheid bied om oorspronklike werke met aanhangers te deel.”


Ruhan werk ook die afgelope drie jaar nou saam met Coleske Artists en gaan vanjaar te sien wees


by die land se grootste musiekkonserte, Afrikaans Is Groot en Classics is Groot. Sy solo album sal


binnekort landswyd beskikbaar wees maar, hy deel solank sy debuut enkelsnit ‘As Jy Dink Jy weet’


met ons waaroor hy baie opgewonde is. ‘As Jy Dink Jy Weet’ speel reeds op verskeie radiostasies


insluitend Jacaranda FM en Bok Radio.

Comments
Get Tickets
VisaMasterCardSID Instant EFT
Reserve Tickets
 
Select Seats
Venue Details
Map of Venue Location.
Centurion Teater/Theatre 123 Amkor Road
Centurion, Gauteng 0157
Join the Conversation

Follow the event with #CenturionTheatre

View Everyone
Who's Going?

Wilhelmina H

Ylana H

SUSANN M

Estelle L

Anette E