Semi-Soet – die Musiekblyspel
- Get Tickets
- Details

Dertien jaar sedert die romantiese komedie Semi-Soet in 2012 in rolprentteaters begin draai het, kan teaterliefhebbers nou gereed maak vir die Afrikaanse teatergeleentheid van die jaar wanneer Semi-Soet – die musiekblyspel in Mei op die planke kom by AfriForum Teater.
Dié storie oor ’n selferkende werkverslaafde wat die advertensiemaatskappy waarvoor sy werk van ondergang wil red met ‘n wilde, halsoorkopplan, trek vir die teaterproduksie ’n nuwe, musikale baadjie aan. Soos in die gelyknamige lokettreffer, vertolk Anel Alexander weer die vroulike hoofrol as Jaci van Jaarsveld en sy sal die Vryersvoetpad te midde van skreeusnaakse oomblikke aandurf saam met Bobby van Jaarsveld haar manlike hoofrolspeler.
Beskikbare kaartjietipes:
Standaardkaartjie | R350
Pensioenariskaartjie: 65 jaar en ouer | R200Â
Kinderkaartjie: 12 jaar en jonger | R200
KOM IN KONTAK
066 420 6181, 012 880 2635 /Â [email protected] [email protected]
WERKURE
Kaartjieverkope Ondersteuning:
- Maandag - Vrydag: 09:00 - 17:00
- Saterdae: 10:00 - 14:00
- Sondae: 10:00 - 13:00
- Openbare Vakansiedae: 10:00 - 13:00