SEUN

Sat. 25 Apr, 2026 5:30pm - 7:00pm SAST
13 years and over
26 days away
13 years and over
  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
26 days away
13 years and over
Event Description


SEUN


In dié toneelstuk, wat op die gelyknamige outobiografie van die skrywer Dana Snyman gegrond is, vertolk die akteur Wilhelm van der Walt ’n hoofstuk in Dana se lewensverhaal waaroor hy lank nie gepraat het nie: sy ervarings tydens die 1980’s. Dit is die tyd van PW Botha se vinger, die Voëlvry-toer, AWB-saamtrekke, onderhandelinge en die laaste dae van militêre diensplig. Dana word oneervol uit die weermag ontslaan, maar eers word hy in “Saal 24” opgeneem.


Die eenmanstuk is ’n intieme blik op Dana se lewe tydens die doodsnikke van ’n politieke stelsel, oor manlikheid en oor eer, en oor die liefde wat uiteindelik alles oorwin.


Die verhoogstuk is deur Johann Smith geskryf, Nico Scheepers behartig die regie, en Leftfoot Theatre Productions is die vervaardiger.


SEUN ryg oor die laaste jaar toneelpryse in. Die stuk wen vyf toekennings by Momentum Aardklop en word as die wenner van die Woordtrofee vir die beste eenpersoonsvertoning by die Toyota Stellenbosch Woordfees aangewys.


Moontlik gemaak deur Innibos en NATi.


Drankies sal op eie koste beskikbaar wees.
Geen alkohol mag na die venue gebring word nie.
Venue is rolstoelvriendelik.


Straatparkering is beskikbaar. 




GET IN TOUCH


012 880 2635 / [email protected]


OPERATING HOURS


Ticketing Support:



  • Monday - Friday: 9am - 5pm

  • Saturdays: 10am - 2pm

  • Sundays: 10am - 1pm

  • Public Holidays: 10am - 1pm

Comments
Reserve Tickets
GENERAL ADMISSION R220.00
Venue Details
Map of Venue Location.
CLARENS PRIMARY SCHOOL MAIN STREET
CLARENS, FREE STATE 9707
Join the Conversation