Seun | DRAMA

Sat. 9 Aug, 2025 12:00pm - 1:30pm SAST
13 jaar en ouer
99 days away
13 jaar en ouer
  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
99 days away
13 jaar en ouer
Event Description


SEUN


REGISSEUR: Nico Scheepers


AKTEUR: Wilhelm van der Walt


BOEK: Dana Snyman


TEKS: Johann Smit


VERVAARDIGERS: Leftfoot Theatre Productions


Vir baie mens was die 1980’s gewoon ‘n dekade soos al die ander – die van braaivleis, rugby, sonskyn en Chevrolet.


Vir hulle was die lewe goed. Vir baie ander was die 1980’s ‘n bitter moeilike en gevaarlike tydperk. ‘n tyd van ontreddering. En ‘n tyd wat vrae gewek het.


Dana Snyman deel in Seun die deel van sy storie waaroor hy nog nooit gepraat het nie: sy ervaringe in die 1980's.


Dit is die tyd van PW Botha se vinger, van die Voëlvry-toer, AWB-saamtrekke, onderhandelinge en die laaste dae van diensplig.


Dana word oneervol ontslaan uit die weermag, maar eers maak hy 'n draai in Saal 24. Werkloos en doelloos eindig hy in 'n gewese bediendekamer in Pretoria.


Dié rou, selfonthullende memoir vra: hoe word 'n seun 'n man? 'n Seun wat nie 'n meisie se aandag kan trek nie? 'n Seun wat nie goed genoeg is vir die weermag nie?


Met Seun neem Dana lesers in sy vertroue. Dit is 'n aangrypende relaas oor grootword tydens die doodsnikke van 'n politieke stelsel, oor manlikheid en oor eer, en oor die liefde wat uiteindelik alles oorkom.


“‘n Brawe besinning oor die lang skadu's wat belewenisse uit die verlede tot in die hede bly gooi. Met helder, gedistilleerde beskrywings maak Snyman hier 'n stuk geskiedenis staan wat enersyds herkenbaar universeel, maar andersyds ook verbasend persoonlik is. Seun laat jou met ánder oë na Snyman se skryfwerk kyk.” - Thys Human


Na afloop van die vertoning: Ontmoeting met Dana Snyman


Tydsduur: 90 min


Ouderdomsbeperking: 13 jaar en ouer




Kaartjienavrae:


Telefoon: 012 880 26 35


e-pos: [email protected]


www.kalfiefees-hermanus.co.za  


Werksure:


Maandag tot Vrydag: 9vm to 5 nm


Saterdae: 10vm to 2nm


Sondae: 10vm to 1nm


Publieke Vakansiedae: 10vm to 1nm

Comments
Get Tickets
VisaMasterCardSID Instant EFT
Venue Details
Map of Venue Location.
Hermanus Munisipale Ouditorium 1 Harmony Rylaan
Hermanus, Western Cape 7200
Join the Conversation

Follow the event with #kalfiefeeshermanuskunstefees