Skaakmat | Tienertoneel

Thu. 8 Aug, 2024 4:00pm - 4:40pm SAST
Geen ouderdomsbeperking
Geen ouderdomsbeperking
  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
Geen ouderdomsbeperking
Event Description


Skaakmat: Hawston Sekondêr


Dalrique Witbooi se lewe kan vergelyk word met ‘n spel skaak.


Sy jare as jong seun was gelukkig in Hawston waar hy groot geword het saam met sy Pa, Ma en broer Rashied.


Maar  alles verander een aand na ‘n noodlottige ongeluk waar beide sy ouers sterf.


Hy en Rashied word deel van die sisteem waar hulle moet veg vir oorlewing. Hulle lewe spiraal uitmekaar nadat hulle gedwing word om deel te raak van ‘n groep perlemoenstropers.


Na die dood van Rashied vind Dalrique ‘n nuwe tuiste en familie in die onderwêreld van smokkelhandel en dwelms.


Hy bevind homself in ‘n onkeerbare posisie van SKAAKMAT, waar selfs nie eers die liefde van Miekie hom kan red nie.


Kan Dalrique homself vergewe sodat hy sy skaakspel oor kan begin? Of sal die spoke van die verlede hom keer op keer dwing om sy eie game te verloor.


Skaakmat is ontwikkel saammet die leerders van Hawston Sekondêre Skool. Hulle stories en karakters  is gebruik om SKAAKMAT te skep.


‘n Verhaal van baie mense wat daagliks moet baklei vir oorlewing in ‘n wêreld sonder genade.


Taal: Afrikaans  


Tydsduur: 40 minutes




Feesnavrae: [email protected]  +27 61 5209041


Kaartjienavrae:


Telefoon: 012 880 26 35


e-pos: [email protected]   


Werksure:


Maandag tot Vrydag: 9vm to 5 nm


Saterdae: 10vm to 2nm


Sondae: 10vm to 1nm


Publieke Vakansiedae: 10vm to 1nm

Comments
Select Tickets
Sorry, this event has already taken place.
Venue Details
Map of Venue Location.
Hermanus Waldorf School 18 E End St
Sand Bay, Sandbaai 7200
Join the Conversation

Follow the event with #kalfiefeeshermanuskunstefees