Skaakmat | Tienertoneel
- Get Tickets
- Details
Skaakmat: Hawston Sekondêr
Dalrique Witbooi se lewe kan vergelyk word met ‘n spel skaak.
Sy jare as jong seun was gelukkig in Hawston waar hy groot geword het saam met sy Pa, Ma en broer Rashied.
Maar alles verander een aand na ‘n noodlottige ongeluk waar beide sy ouers sterf.
Hy en Rashied word deel van die sisteem waar hulle moet veg vir oorlewing. Hulle lewe spiraal uitmekaar nadat hulle gedwing word om deel te raak van ‘n groep perlemoenstropers.
Na die dood van Rashied vind Dalrique ‘n nuwe tuiste en familie in die onderwêreld van smokkelhandel en dwelms.
Hy bevind homself in ‘n onkeerbare posisie van SKAAKMAT, waar selfs nie eers die liefde van Miekie hom kan red nie.
Kan Dalrique homself vergewe sodat hy sy skaakspel oor kan begin? Of sal die spoke van die verlede hom keer op keer dwing om sy eie game te verloor.
Skaakmat is ontwikkel saammet die leerders van Hawston Sekondêre Skool. Hulle stories en karakters is gebruik om SKAAKMAT te skep.
‘n Verhaal van baie mense wat daagliks moet baklei vir oorlewing in ‘n wêreld sonder genade.
Prys:
- Kinders o.13 en ouer: R50
- Volwassenes: R80
Taal: Afrikaans
Tydsduur: 40 minutes
Feesnavrae: [email protected] +27 61 5209041
Kaartjienavrae:
Telefoon: 012 880 26 35
e-pos: [email protected]
Werksure:
Maandag tot Vrydag: 9vm to 5 nm
Saterdae: 10vm to 2nm
Sondae: 10vm to 1nm
Publieke Vakansiedae: 10vm to 1nm
- Instagram: @kalfiefeeshermanuskunstefees
Follow the event with #kalfiefeeshermanuskunstefees