SkaapStad Country Sundays 2

Sun. 15 May, 2022 12:00pm - 6:00pm SAST
All Ages
R0.00 - R190.00
All Ages
  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
R0.00 - R190.00
All Ages
Event Description
SkaapStad Country Sundays 2

SkaapStad Country Sundays


Sundays in the sand featuring the best in Country music. Come and enjoy a relaxed American-style event with the family and some of your favorite South African artists the "honky-tonk" way!


Sunday, 15 May 2022


12:00 to 18:00


Neil Somers • Danny Smoke • Ampie


 

Neil Somers

Ses jaar na sy eerste CD, is Neil Somers terug met ’n splinternuwe album, Hierdie Hande, wat beslis gaan opslae maak in die musiekwêreld. Sy diep stem is die perfekte pasmaat vir elke sielvolle liriek... en die eindresultaat is hoendervleismooi. nnNeil Somers, met sy strelende fluweelstem, het beslis geen bekendstelling nodig in musiekkringe nie. Oor die afgelope paar jaar is van sy werk nie net met TEMPO-benoemings vereer nie, maar treffers soos Anderkant Atlantis en Sinnelose Lente is ook vriendelik deur radiostasies en die publiek ontvang. nnWanneer jy die nuwe album luister kan jy duidelik die sorg en moeite hoor wat die afgelope twee jaar aan die beplanning en verwerking van Hierdie Hande bestee is. Dit spog met dertien oorspronklike snitte en is die perfekte kombinasie tussen roerende hartsmusiek en lighartige kuiermusiek. Eendag op ’n Reëndag, die nuwe enkelsnit wat pas vrygestel is, is ook reeds ’n gunsteling onder luisteraars regoor die landnNeil beskou dié CD as die hoogtepunt van sy loopbaan en beskryf dit as ’n Afrikaanse Komtemporêre Folk Rock-album, met ’n bietjie Pop hier en daar. “Alles wat voorheen gebeur het, was net om my voor te berei vir die hier en nou. Hierdie is sover die grootste oomblik van my loopbaan en die musiek wat ek vir hierdie album gekies het, is my beste,” sê hy. n nDIE MAN AGTER DIE STEMnNeil is ʼn gebore musikant en is vandat hy kan onthou versot op sing. “Musiek is al deel van my lewe vandat ek kon praat en was nog altyd in my bloed. My musikaliteit kom van my pa se kant af. Hy is passievol oor musiek en speel kitaar, baskitaar en was ook al lid van verskeie orkeste. My pa het my ook die basiese beginsels geleer van kitaarspeel, waarna ek dit self verder op gehoor bemeester het. Vandag speel ek ook akoestiese kitaar en die bekfluitjie.Alhoewel hy sy hele lewe lank doenig was met aktiwiteite soos revue, Universiteite Sêr en selfs lid was van die Hoëveld Kinderkoor, het hy eers in 2003 begin naam maak toe sy ma hom ingeskryf het vir ’n sangkompetisie in Jeffreysbaai. Hy het die kompetisie gewen en toe finaal besef dat sy toekoms in musiek lê en nie in Siviele Ingenieurswese, wat hy op daardie stadium besig was om te studeer nie. Hy het toe sy studies gestaak, as kroegman begin werk, en in restaurante begin optree.Sy paaie het met die liedjieskrywer, Kobus Bezuidenhout, laat kruis wat later die hoof-liriekeskrywer sou word van sy debuutalbum Omdat hy graag meer ondervinding in die musiekbedryf wou hê, het hy Pretoria toe getrek en daar in verskeie klubs, kroeë en restaurante gesing totdat hy in 2007 genooi is om by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees op te tree. Daar het Adam Tas een van sy liedjies gehoor en wou dit graag self opneem, wat weer later vir Neil gehelp het om sy eerste platekontrak los te slaan.nnSedertdien het hy al die verhoog gedeel met van die land se grootste kunstenaars soos Koos Kombuis, Dozi, Theuns Jordaan, Robbie Wessels, Bok van Blerk, Lianie May, Hugo, Kurt Darren en vele meer en kon hy dit regkry om die harte van gehore regoor die land te verowernAs jy uitvis oor die man agter die mooi stem, verklap hy dat hy ’n reguit mens is wat ’n ding sê soos hy is en nie hou van aansitterigheid nie. Hy beskou kunstenaars, wat al lank in die bedryf is en suksesvol bly, as ’n inspirasie en het veral waardering vir sangers soos Riana Nel, Elvis Blue en Theuns Jordaan se musiek. “Ek hou van enige musiek of liedjie wat my oor vang, hetsy dit die lirieke of sommer net die wysie is. Enige soort musiek moet jou kan inspireer, maar ek het ’n baie sagte plek vir ’n goeie Country-liedjie - veral die ouer classics soos Don Williams, Johnny Cash en Kris Kristofferson want hulle treffers vertel stories,” sê hynAs hy nie ’n sanger was nie, sou hy graag ’n sielkundige wou word, sodat hy almal kan help om hulle hartsake en probleme uit te sorteer... Maar vir nou verower hierdie talentvolle sanger eers die harte van die publiek, media en sy mede-kunstenaars met sy unieke talent, wat nie net strelend is op die oor nie, maar ook trefkrag het in die siel.Volg hom op:nFacebook: https://www.facebook.com/pages/Neil-Somers/128036245754nTwitter: @somersneilnvir toerbesonderhede en nuusnnVir besprekings en navrae, skakel 071 678 7770 of 072 214 4590nstuur ook gerus ’n e-pos na [email protected]@vocalevents.co.za nVIR MEER INLIGTING OOR DIE ALBUM, KONTAK ASSEBLIEF VIRnChristien de Klerk: [email protected]

Danny Smoke

Singer/SongwriternGuitaristnProducernAdventure seeker!nnhttps://linktr.ee/DannySmoke

Comments
Select Tickets
Sorry, this event has already taken place.
Venue Details
Map of Venue Location.
@ The Beach Venue 2 Boschkop Road
Pretoria, GP 0081
Join the Conversation

Follow the event with #countryskaap